21 (iii) versuim om ’n elektroniese kommunikasiediens te verskaf wat die lisensiehouer verplig is om te verskaf kragtens die bedinge van sy lisensie of lisensievrystelling, of ingevolge hierdie Wet of die onderliggende wette; of (iv) nienakoming van die Wet of die onderliggende wette; 5 (d) alle nienakomingsaangeleenthede na die Klagtes- en Nakomingskomitee vir oorweging verwys waar ’n inspekteur bepaal dat ’n lisensiehouer nie die bedinge en voorwaardes van sy lisensie, -vrystelling, die bepalings van hierdie Wet of die onderliggende wette nagekom het nie, of versuim het om uitsaai- of elektroniese kommunikasiedienste of posdienste te lewer; 10 (e) alle klagtes na die Klagtes- en Nakomingskomitee verwys vir oorweging [nadat ’n ondersoek na die klag uitgevoer is]; (f) voor die Klagtes- en Nakomingskomitee verskyn wanneer aldus versoek deur sodanige komitee; en (g) met wetstoepassingsbeamptes saamwerk wanneer sy of haar werksaamhede 15 verrig word.’’. Wysiging van artikel 17G van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 19 van Wet 3 van 2006 25. Artikel 17G van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(1) Die Strafproseswet, 1977 (Wet No. 51 van 1977), is met die [nodige] veranderinge soos deur die konteks vereis van toepassing op betredings, deursoekings en beslagleggings deur inspekteurs ingevolge hierdie Wet.’’; (b) deur in subartikel (2) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: ‘‘ ’n Inspekteur ingevolge artikel 17F aangestel kan, ten einde sy of haar werksaamhede ingevolge hierdie Wet of die onderliggende wette te verrig, op enige redelike tyd, sonder voorafkennisgewing en op gesag van ’n lasbrief uitgereik ingevolge subartikel (4) enige perseel betree en, sonder om geweld of dwang te gebruik—’’; (c) deur paragraaf (a) in subaritkel (2) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) die lewering eis ter inspeksie van ’n lisensie of enige ander dokument uitgereik ingevolge die onderliggende wette;’’; (d) deur paragraaf (d) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(d) enige radio-apparaat, ateljee, aanleg, senders, apparaat, ander toerusting of ander uitsaai-, elektroniese kommunikasie- of posdiensfasiliteit op die perseel inspekteer;’’; (e) deur die woord ‘‘en’’ aan die einde van subartikel 2(f) in te voeg; (f) deur paragraaf (g) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(g) vir verdere ondersoek beslag lê op of in veilige bewaring neem enige dokument of ding wat betrekking het of direk betrekking kan hê op die beweerde nienakoming of ander handeling bedoel in artikel 17F op sodanige perseel.’’; (g) deur paragraaf (a) in subartikel (4) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) ’n Landdros of regter kan, op versoek van ’n inspekteur, maar behoudens subartikel (b), ’n lasbrief aan sodanige inspekteur uitreik.’’; (h) deur in subartikel (4)(b) die woord ‘‘en’’ aan die einde van subparagraaf (i) te skrap, die uitdrukking ‘‘; en’’ aan die einde van subparagraaf (ii) in te voeg en die volgende subparagraaf by te voeg: ‘‘(iii) deurslaggewend in die ondersoek deur die inspekteur is.’’; en (i) deur die volgende subartikel by te voeg: ‘‘(8) Die inspekteur moet, op versoek van die Klagte- en Nakomingskomitee, en in die loop van die aanhoor van ’n klagte of geskil, enige dokument of ding wat ingevolge hierdie artikel verkry of op beslag gelê is, aan die Klagte- en Nakomingskomitee verskaf.’’. 20 25 30 35 40 45 50 55

اختر الفقرة المستهدفة3

الاتصال بفقرة
Connect to an entity
Disable highlights
أضف إلى جدول المحتويات