35 groothandeltarief wat die elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer hom vir die betrokke fasiliteite laat betaal, welke diskonto aan die skole en ander instellings in subartikel (1) genoem, deurgegee moet word. (4) Die implementering van hierdie artikel moet op die voorgeskrewe 5 wyse geskied. [(5) Die Minister kan, in oorleg met die Minister verantwoordelik vir Onderwys, kategorieë van onafhanklike skole of private instellings vir verdere onderwys en opleiding verklaar wat geregtig is op die diskonto in subartikel (1) bedoel.] 10 (6) Die Agentskap kan die tarief in subartikel (1) beoog namens enige skool of ander instelling in subartikel (1) beoog, betaal, in welke geval die Agentskap geregtig is op die diskonto in subartikel (1) genoem.’’. Invoeging van artikels 79A en 79B in Wet 36 van 2005 34. Die volgende artikels word hierby na artikel 79 in die Hoofwet ingevoeg: 15 ‘‘Beperking van aanspreeklikheid 79A. Geen persoon in diens van ’n 112-Noodsentrum, met inbegrip van die Staat, is aanspreeklik vir enige skade of verlies deur enige persoon gelei as gevolg van enige handeling wat in goeie trou verrig is of uitgelaat is in die verrigting van enige werksaamheid ingevolge hierdie Wet nie. 20 Verstrekking van inligting 79B. (1) Behoudens die Wet op Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000), kan die Minister skriftelik vereis dat die Owerheid of die Agentskap, of enige ander persoon, binne ’n redelike tyd of op ’n gereelde grondslag, enige data, inligting of dokumente aan die Minister voorlê wat 25 vir die doeleindes van die verrigting van die Minister se werksaamhede benodig word. (2) ’n Kennisgewing kragtens subartikel (1) kan ook die wyse waarop die inligting verstrek moet word aandui en, indien nodig, hoe die inligting geverifieer moet word. 30 (3) Wanneer die Minister inligting aanvra kan die tersaaklike party versoek dat die Minister sekere inligting as vertroulik hanteer, en vir daardie doeleinde is artikel 4D van die OKOSA-wet, met die veranderinge deur die samehang vereis, van toepassing.’’. Wysiging van artikel 80 van Wet 36 van 2005 35 35. Artikel 80 van die Hoofwet word hierby gewysig deur die volgende subartikel by te voeg: ‘‘(4) Die Agentskap is onderhewig aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet No. 1 van 1999).’’. Invoeging van artikel 81A in Wet 36 van 2005 40 36. Die volgende artikel word hierby na artikel 81 in die Hoofwet ingevoeg: ‘‘Vertrouenspligte van raadslede, en ontheffing en ontbinding 81A. Bykomend tot enige ander toepaslike wetsbepaling wat betrekking het op die vertrouenspligte van lede van ’n raad, is die volgende op lede van die Raad van toepassing: 45 (a) ’n Lid van die Raad mag nie teenwoordig wees by, of deelneem aan, die bespreking van of neem van ’n besluit oor enige aangeleentheid voor die Raad waarin daardie lid of sy of haar familielid, sakevennoot of medewerker ’n direkte of indirekte belang het nie.

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents