20   No. 43107 GOVERNMENT GAZETTE, 18 MARCH 2020 (i) tussen 18:00 en 09:00 die volgende oggend op weeksdae en Saterdae; en (ii) van 13:00 op Sondae en openbare vakansiedae. (5) Alle buiteverbruikpersele waar drank verkoop word moet toe wees— (a) tussen 1800 en 09:00 die volgende oggend op weeksdae en Saterdae; en (b) van 13:00 op Sondae en openbare vakansiedae. Noodverkrygingsprosedures 9. (a) Noodverkryging vir instellings is onderworpe aan— die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet No. 1 van 1999), en die toepaslike noodbepalings in die Regulasies of Instruksies uitgevaardig kragtens artikel 76 van daardie Wet; en (b) die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003), en die toepaslike noodbepalings in die Regulasies kragtens daardie Wet uitgereik. Gesag om voorskrifte uit te reik 10. (a) (1) Die Minister van Gesondheid— mag voorskrifte uitreik om die verspreiding van COVID-19 in enige area van die Republiek van Suid-Afrika te die hoof te bied, te voorkom en te bekamp, welke voorskrifte kan insluit— (i) die werwing en opleiding van menslike hulpbronne van die Departement van Gesondheid, en ander entiteite verantwoordelik vir die hantering van COVID19- stoflike oorskot; 8 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3