19 (3) Die beleid en beleidsvoorskrifte in subartikel (1) beoog moet binne twaalf (12) maande na die inwerkingtreding van die Wysigingswet op Elektroniese Kommunikasie, 2014, gemaak word.’’. Wysiging van artikel 30 van Wet 36 van 2005 14. Artikel 30 van die Hoofwet word hierby gewysig— 5 (a) deur in subartikel (2) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: ‘‘By die beheer, beplanning, administrasie, bestuur [en], lisensiëring en toekenning van die gebruik van die radiofrekwensiespektrum moet die Owerheid—’’; en 10 (b) deur paragraaf (a) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) voldoen aan die toepaslike standaarde en vereistes van die ITU en sy Radioregulasies, waartoe die Republiek ingestem het of wat hy aangeneem het, asook aan die nasionale radiofrekwensieplan in artikel 34 beoog;’’. 15 Wysiging van artikel 31 van Wet 36 van 2005 15. Artikel 31 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(2) (a) ’n Radiofrekwensiespektrumlisensie word vereis benewens ’n dienslisensie in Hoofstuk 3 beoog, waar die verskaffing van sodanige diens die gebruik van die radiofrekwensiespektrum behels. (b) ’n Dienslisensie word bykomend tot enige radiofrekwensiespektrumlisensie vereis waar die verskaffing van die diens die gebruik van radiofrekwensiespektrum behels.’’; (b) deur die volgende subartikel na subartikel (2) in te voeg: ‘‘(2A) ’n Radiofrekwensiespektrumlisensie mag nie afgestaan, gesedeer of op enige wyse oorgedra word nie, en die beheer van ’n radiofrekwensie mag nie aan enige ander persoon gesedeer of op enige wyse oorgedra word sonder vooraf skriftelike toestemming van die Owerheid nie.’’; (c) deur subartikel (3) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(3) Die Owerheid kan, met inagneming van die oogmerke van hierdie Wet, prosedures en kriteria voorskryf vir— (a) [die toekenning van] radiofrekwensiespektrumlisensies [vir mededingende aansoeke of] in gevalle waar daar ontoereikende spektrum beskikbaar is om die vraag te bevredig; (b) die wysiging, oordrag, oordrag van beheer, hernuwing, opskorting, kansellasie, en intrekking van radiofrekwensiespektrumlisensies; en (c) toestemming om ’n radiofrekwensiespektrumlisensie af te staan, te sedeer, te deel of op enige wyse oor te dra, of beheer van ’n radiofrekwensiespektrumlisensie af te staan, te sedeer of oor te dra soos in subartikel (2A) beoog.’’; (d) deur die volgende subartikel na subartikel (4) in te voeg: ‘‘(4A) Die Owerheid moet die lisensiehouer binne 60 dae verwittig van sy besluit ten opsigte van ’n aansoek om wysiging van ’n spektrumlisensie.’’; en (e) deur subartikels (8), (9) en (10) onderskeidelik deur die volgende subartikels te vervang: ‘‘(8) Behoudens subartikel (9) kan die Owerheid ’n radiofrekwensiespektrumlisensie of toegekende radiofrekwensiespektrum intrek wanneer die lisensiehouer versuim om die toegekende radiofrekwensiespektrum ooreenkomstig die lisensievoorwaardes wat op sodanige lisensie van toepassing is, te gebruik. (9) Alvorens die Owerheid ’n radiofrekwensiespektrumlisensie of toegekende radiofrekwensiespektrum ingevolge subartikel (8) intrek, moet hy aan die lisensiehouer vooraf minstens 30 dae skriftelik kennis gee en die lisensiehouer moet 7 (sewe) werkdae hê waarin hy skriftelik op die kennisgewing kan antwoord (tensy andersins deur die Owerheid 20 25 30 35 40 45 50 55

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents