21 verleng) om te toon dat hy die radiofrekwensiespektrum ooreenkomstig hierdie Wet en die lisensievoorwaardes gebruik. (10) Die Owerheid moet, op grond van die skriftelike reaksie van die lisensiehouer, die lisensiehouer in kennis stel van sy besluit om die lisensie of toegekende radiofrekwensiespektrum in te trek al dan nie.’’. 5 Wysiging van artikel 34 van Wet 36 van 2005 16. Artikel 34 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(1) Die Minister, by die uitoefening van sy of haar werksaamhede, verteenwoordig die Republiek op internasionale forums, insluitend die ITU, ten opsigte van— (a) die internasionale [toewysing] toedeling van radiofrekwensiespektrum; [en] (b) die internasionale koördinering van radiofrekwensiespektrumgebruik; en (c) die koördinasie en goedkeuring van enige radiofrekwensiespektrumplanne vir ’n streek van toepassing op die Republiek, ooreenkomstig internasionale verdrae en multinasionale en bilaterale ooreenkomste wat die Republiek aangegaan het.’’; en (b) deur paragraaf (a) in subartikel (7) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) die ITU se internasionale [spektrumtoewysings] spektrumtoedelings vir die gebruik van die radiofrekwensiespektrum in aanmerking neem in soverre [ITU-toewysings] ITU-toedelings deur die Republiek aanvaar is en die Republiek daartoe ingestem het, en behoorlik ag slaan op die verslae van kundiges op die gebied van spektrum- of radiofrekwensiebeplanning en op internasionaal aanvaarde metodes vir die opstel van sulke planne;’’. 10 15 20 25 Wysiging van artikel 35 van Wet 36 van 2005 17. Artikel 35 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: 30 ‘‘(1) Geen persoon mag enige tipe elektroniese kommunikasietoerusting of elektroniese kommunikasiefasiliteit, insluitend radioapparaat, wat gebruik word of gebruik staan te word in verband met die lewering van elektroniese kommunikasie, besit, gebruik, verskaf, verkoop, aanbied vir verkoop of huur of verhuur nie tensy sodanige toerusting, elektroniese kommunikasiefasiliteit of radioapparaat 35 behoudens subartikel (2) deur die Owerheid goedgekeur is.’’. Wysiging van artikel 36 van Wet 36 van 2005 18. Artikel 36 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(1) Die Owerheid kan, behoudens die bepalings van die [Wet op Standaarde, 40 1993 (Wet No. 29 van 1993)] ‘Standards Act, 2008’ (Wet No. 8 van 2008), standaarde voorskryf vir die verrigting en bedryf van enige toerusting of elektroniese kommunikasiefasiliteit, insluitend radioapparaat.’’. Wysiging van artikel 37 van Wet 36 van 2005 19. Artikel 37 van die Hoofwet word hierby gewysig— 45 (a) deur paragraaf (a) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) tegnies en [finansieel] ekonomies doenlik is; en’’; en (b) deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(6) Die interkonneksie-ooreenkoms aangegaan deur ’n lisensiehouer ingevolge subartikel (1) moet, tensy anders versoek deur die party wat 50 interkonneksie verlang, niediskriminerend wees soos tussen vergelykbare tipes interkonneksie en nie van ’n laer tegniese standaard en gehalte as die tegniese standaard en gehalte wat sodanige lisensiehouer aan homself of aan ’n geaffilieerde verskaf nie of op enige ander wyse diskriminerend in vergelyking met die vergelykbare 55

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents