43 Wysiging van artikel 87 van Wet 36 van 2005 40. Artikel 87 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(2) Alle geld ontvang, waarmee die Universele Diens-en-Toegangsfonds gekrediteer moet word in die Agentskap se boeke, moet gestort word in die Nasionale Inkomstefonds by artikel [185] 213 van die Grondwet ingestel.’’. 5 Wysiging van artikel 88 van Wet 36 van 2005 41. Artikel 88 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur paragrawe (a) en (b) in subartikel (1) onderskeidelik deur die volgende paragrawe te vervang: ‘‘(a) vir bystand aan behoeftige persone vir die koste van die verskaffing aan of die gebruik deur hulle van uitsaai-, elektroniese kommunikasienetwerkdienste en elektroniese kommunikasiedienste; (b) behoudens subartikel (2), aan ’n [uitsaaidienslisensiehouer en] elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer vir die doel van die finansiering van die oprigting of uitbreiding van elektroniese kommunikasienetwerke in onderbediende gebiede soos voorgeskryf;’’; (b) deur paragraaf (c) in subartikel (1) te skrap; (c) deur in subartikel (1)(d) die woorde wat subparagraaf (i) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: ‘‘aan skole en [instelling vir verdere onderwys en opleiding] kolleges soos omskryf in of ingestel, verklaar of geregistreer ingevolge onderskeidelik die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet No. 84 van 1996), en die [Wet op Verdere Onderwys en Opleiding, 1998 (Wet No. 98 van 1998)] ‘Further Education and Training Colleges Act, 2006’ (Wet No. 16 van 2006), vir die verkryging van uitsaai- en elektroniese kommunikasiedienste en toegang tot elektroniese kommunikasienetwerke: Met dien verstande dat—’’; (d) deur subparagraaf (i) in subartikel (1)(d) te skrap; (e) deur in subartikel (1)(d)(ii) die woorde wat item (aa) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: ‘‘in die geval van onafhanklike skole [en onafhanklike instellings vir verdere onderwys en opleiding] private kolleges—’’; (f) deur paragraaf (e) in subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(e) vir die instelling en bedryf van [uitsaaidienste en vir die instelling en bedryf] gemeenskapsentrums, insluitend opleiding van en die betaling van toelaes aan personeel van sentrums waar toegang tot elektroniese [kommunikasienetwerke] kommunikasienetwerkdienste, elektroniese kommunikasiedienste en uitsaaidienste verkry kan word.’’; (g) deur die volgende paragraaf by subartikel (1) te voeg: ‘‘(f) soos by regulasie deur die Minister voorgeskryf kan word, met die instemming van die Minister van Finansies.’’; (h) deur die volgende subartikel na subartikel (1) in te voeg: ‘‘(1A) Die Agentskap moet ten minste elke twee jaar, na verkryging van openbare deelname, by kennisgewing in die Staatskoerant vir die doeleindes van betalings in subartikel (1) bedoel, die wyse waarop aansoeke gedoen moet word en die wyse waarop subsidies betaal sal word, bepaal.’’; en (i) deur subartikels (3) en (4) onderskeidelik deur die volgende subartikels te vervang: ‘‘(3) Die Owerheid moet die voorgeskrewe omskrywing van onderbediende gebied en die lys van aangewese onderbediende gebiede wat vir oprigtingbetalings uit die Universele Diens-en-Toegangsfonds in aanmerking kom, minstens [halfjaarliks] elke twee jaar hersien en bywerk. (4) [Die Minister kan] Die Agentskap moet ten minste elke twee jaar, na verkryging van openbare deelname, aanbevelings doen om die Minister in staat te stel om by kennisgewing in die Staatskoerant, vir 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents