45 doeleindes van betalings in subartikel (1)(a) bedoel[, by kennisgewing in die Staatskoerant]— (a) tipes behoeftige persone bepaal aan wie bystand verleen kan word; (b) die persone bepaal wat vir bystand aansoek moet doen [en die wyse waarop sulke aansoeke gedoen moet word]; en (c) [die wyse waarop en die] persone aan wie subsidies betaal kan word, bepaal.’’. 5 Wysiging van artikel 89 van Wet 36 van 2005 42. Artikel 89 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: 10 ‘‘(1) Behoudens subartikel (2) moet elke houer van ’n lisensie wat ingevolge Hoofstuk 3 toegestaan is of geag word toegestaan te gewees het, behalwe houers van gemeenskapsuitsaaidienslisensies benewens enige ander gelde in hierdie Wet of die verwante wetgewing beoog, die voorgeskrewe jaarlikse bydraes van die lisensiehouer se gelisensieerde 15 bedrywigheid aan die Universele Diens-en-Toegangsfonds betaal.’’; (b) deur die volgende subartikel by te voeg: ‘‘(4) Die Agentskap moet alle geld insamel wat verskuldig en betaalbaar is aan die Universele Diens-en-Toegangsfonds van die Owerheid verhaal.’’. 20 Wysiging van artikel 95 van Wet 36 van 2005 43. Artikel 95 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(1) [Binne vier en twintig maande na die inwerkingtreding van hierdie Wet kan die] Die Owerheid kan, indien die Owerheid dit nodig ag, die regulasies 25 uitgevaardig kragtens— (a) artikel 119A van die Poskantoorwet, 1958 (Wet No. 44 van 1958); (b) die Telekommunikasiewet; (c) die Uitsaaiwet; (d) die OUO-wet; 30 (e) die Radiowet, 1952 (Wet No. 3 van 1952); en (f) die Sentech-wet, wat van krag was onmiddellik voor die inwerkingtreding van [hierdie Wet] die Wysigingswet op Elektroniese Kommunikasie, 2014, herroep of wysig.’’. Wysiging van Indeling van Artikels 35 44. Die Indeling van Artikels wat voor artikel 1 van die Hoofwet voorkom, word hierby gewysig— (a) deur item 21 deur die volgende item te vervang: ‘‘21. [Riglyne vir vinnige] Vinnige ontplooiing van elektroniese kommunikasiefasiliteite’’; 40 (b) deur die volgende item na item 72 in te voeg: ‘‘72A. Nasionale Breëbandraad’’; (c) deur die volgende items na item 79 in te voeg: ‘‘79A. Beperking van aanspreeklikheid 79B. Verstrekking van inligting’’; 45 (d) deur die volgende item na item 81 in te voeg: ‘‘81A. Vertrouenspligte van raadslede, en ontheffing en ontbinding’’; en (e) deur die volgende items na item 82 in te voeg: ‘‘82A. Aanstelling van hoof- uitvoerende beampte 82B. Aanstellingsvoorwaardes van HUB 50 82C. Diensbeëindiging van HUB 82D. Waarnemende hoof- uitvoerende beampte 82E. Delegering en opdragte deur HUB’’.

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents