7 (j) (k) (l) (m) (n) (o) (p) (q) (r) deur die volgende omskrywing na die omskrywing van ‘‘hierdie Wet’’ in te voeg: ‘‘ ‘HUB’ die hoof- uitvoerende beampte van die Agentskap ingevolge artikel 82A aangestel;’’; deur die omskrywing van ‘‘IKT-handves’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘IKT-handves’ die Handves vir [Swart Ekonomiese Bemagtiging vir] die IKT-sektor, ’n sektorkode oor breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging, uitgereik ingevolge die ‘Broad-Based Black Economic Empowerment Act, 2003’ (Wet No. 53 van 2003);’’; deur die omskrywing van ‘‘ITU’’ in die Engelse teks deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘ITU’ International [Telecommunications] Telecommunication Union;’’; deur die omskrywing van ‘‘lisensiehouer’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘lisensiehouer’ ’n persoon aan wie ’n lisensie uitgereik is om dienste te verskaf ingevolge Hoofstuk 3 of om die rediofrekwensiespektrum ingevolge Hoofstuk 5 van hierdie Wet te gebruik;’’; deur die volgende omskrywing na die omskrywing van ‘‘politieke advertensie’’ in te voeg: ‘‘ ‘politieke party’, by die toepassing van Hoofstuk 9— (a) enige geregistreerde party omskryf in artikel 1 van die Kieswet, 1998 (Wet No. 73 van 1998); of (b) enige alliansie van sodanig geregistreerde partye, na gelang van die geval, wat, vir die doel van enige bepaalde verskiesing, voor die aanvang van die tersaaklike verkiesingstydperk, sy lys kandidate vir die Nasionale Vergadering of enige ander wetgewer, in die Grondwet beoog, voorgelê het;’’; deur die omskrywing van ‘‘radiofrekwensieplan’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘radiofrekwensieplan’ [’n nasionale plan] die nasionale radiofrekwensieplan in artikel 34 beoog wat insluit maar nie beperk is nie tot— (a) ’n tabel van [frekwensietoewysings] frekwensietoedelings vir alle bande onder 3 000 GHz, met inagneming van die ITU-tabel van [toewysings] toedelings, in soverre die Republiek tot sodanige [toewysings] toedelings ingestem of dit aanvaar het, wat aanwysings van sekere aanwendings kan insluit; en (b) ’n plan, soos toepaslik, vir die verskuiwing van stelsels en toerusting van bestaande gebruikers binne bepaalde radiofrekwensiebande, insluitend radiofrekwensiebande vir sekuriteitsdienste, na verskillende frekwensiebande;’’; deur die omskrywing van ‘‘radiofrekwensiespektrum’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘radiofrekwensiespektrum’ die gedeelte van die elektromagnetiese spektrum wat gebruik word as ’n oorsendingsmedium vir elektroniese kommunikasie en uitsaai;’’; deur die omskrywing van ‘‘radiofrekwensiespektrumlisensie’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘radiofrekwensiespektrumlisensie’ ’n lisensie wat die houer magtig om die radiofrekwensiespektrum ingevolge Hoofstuk 5 van hierdie Wet te gebruik;’’; deur die omskrywing van ‘‘radiostasie’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘radiostasie’ een of meer senders of ontvangers of ’n kombinasie van senders en ontvangers, insluitend die bykomstige toerusting, wat op een plek nodig is om ’n elektroniese kommunikasiediens, uitsaaidiens of enige elektroniese kommunikasie wat deur die Owerheid gemagtig is, te dra;’’; 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents