16 No. 43107
(b)
GOVERNMENT GAZETTE, 18 MARCH 2020
moet streng gebruik word vir die doeleindes van die inwerkingstelling van hierdie
Regulasies of voorskrifte ingevolge artikel 27(2) van die Wet in verband met die
nasionale ramptoestand uitgereik, in werking te stel.
Voorkoming van en verbod op byeenkomste
3.
(1)
Ten einde die verspreiding van COVID-19 te stuit, word ’n byeenkoms
(2)
’n Afdwingingsbeampte moet, waar ’n byeenkoms plaasvind—
verbied.
(a)
die persone by die byeenkoms beveel om onmiddellik uitmekaar te gaan; en
(b)
as hulle weier om uitmekaar te gaan, gepaste stappe doen, wat, onderworpe aan die
Strafproseswet, inhegtenisname en detensie kan insluit.
(3)
Die vergadering van meer as 50 persone by ’n perseel waar sterk drank
verkoop en verbruik word, word verbied.
Weiering van mediese ondersoek, profilakse, behandeling, afsondering en kwarantyn
4. (1) Niemand wat klinies, of deur ’n laboratorium bevestig is as iemand wat COVID19 opgedoen het, of vermoedelik COVID-19 opgedoen het, of in direkte aanraking was met
iemand wat ’n draer van COVID-19 is, mag toestemming aan ’n afdwingingsbeampte weier
nie vir—
(a)
onderwerping van daardie persoon aan ’n mediese ondersoek, met inbegrip van maar
nie beperk nie tot die neem van enige liggaamlike monster deur iemand wat wetlik
gemagtig is om dit te doen;
(b) opname van daardie persoon in ’n gesondheidsinstelling of kwarantynterrein of
afsondertingsterrein; of
4
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za