No. 43107   21 STAATSKOERANT, 18 MAART 2020 (ii) ontplooiing van menslike hulpbronne van die Departement van Gesondheid na geïdentifiseerde terreine om dienste te lewer; (iii) verkryging van menslike Openbarewerkeprogram, hulpbronne afgetrede van die Uitgebreide gesondheidsberoepslui en nieregeringsorganisasies om dienste in geïdentifiseerde plekke te lewer; (iv) voorsiening van gesondheidstoerusting, materiaal vir sanitasie en mediese voorrade; (v) identifikasie en stigting van lykshuise wat alle COVID-19- stoflike oorskot sal huisves; (vi) (b) beskikking oor COVID-19- stoflike oorskot; en mag die voorskrifte bedoel in paragraaf (a) verander soos omstandighede vereis. (2) (a) Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste— mag voorskrifte uitreik om die verspreiding van COVID-19 in alle korrektiewe sentrums en uitstel-aanhoudingsfasiliteite in die Republiek van Suid-Afrika die hoof te bied, te voorkom en te bekamp; (b) in oorleg met die Hoofregter, waar gepas, voorskrifte uitreik om die verspreiding van COVID-19 in alle howe en hofgebiede in die Republiek van Suid-Afrika die hoof te bied, te voorkom en te bekamp; en (c) mag die voorskrifte in paragraaf (a) verander soos omstandighede vereis. (3) (a) Die Ministers van Basiese en Hoër Onderwys— mag voorskrifte uitreik om die verspreiding van COVID-19 in alle skole en inrigtings van hoër onderwys die hoof te bied, te voorkom en te bekamp; en (b) mag die voorskrifte bedoel in (a) verander soos omstandighede vereis. 9 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3