31 (b) (c) (d) (e) (f) (g) (h) (i) voorsiening gemaak word en enige regulasies ingevolge daarvan uitgevaardig; strawwe vir versuim om aan die pro-mededingingslisensievoorwaardes te voldoen; verpligtinge om enige inligting deur die Owerheid vermeld, op die 5 wyse wat hy vermeld, te publiseer; verpligtinge om aparte aanspreeklikheid te behou vir enige dienste deur die Owerheid vermeld; verpligtinge om strukturele skeiding te behou vir die verskaffing van enige dienste deur die Owerheid vermeld; 10 tariefregulering vir die verskaffing van vermelde dienste, asook sonder beperkingsprysbeheer op groot- en kleinhandeltariewe, soos deur die Owerheid bepaal, en aangeleenthede wat op die herwinning van kostes betrekking het; verpligtinge met betrekking tot rekeninge, rekords en ander 15 dokumente wat bygehou, aan die Owerheid verstrek en gepubliseer moet word; verpligtinge met betrekking tot die hoeveelheid en tipe premium-, sport- en Suid-Afrikaanse programme wat uitgesaai moet word; en verspreiding, toegang en herverkoopverpligtinge vir uitsaaiers.’’. 20 Wysiging van artikel 68 van Wet 36 van 2005 29. Artikel 68 van die Hoofwet word hierby gewysig deur in subartikel (1)(b) die woorde wat subparagraaf (i) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: ‘‘maatreëls voorskryf om te verseker dat nommerdraagbaarheid [in 2005 of gou daarna] ingevoer word, insluitend [sover prakties moontlik]—’’. 25 Wysiging van artikel 70 van Wet 36 van 2005 30. Artikel 70 van die Hoofwet word hierby deur die volgende artikel vervang: ‘‘[Mense] Persone met gestremdhede 70. Die Owerheid moet regulasies voorskryf wat ’n kode oor [mense] persone met gestremdhede uiteensit, wat op alle kategorieë lisensies van 30 toepassing sal wees.’’. Wysiging van artikel 72 van Wet 36 van 2005 31. Artikel 72 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(6) Die Owerheid moet ’n viersyfernommer toewys waardeur die 35 publiek gratis toegang tot [regeringsgidsinligtingsdienste] regeringsgids-, inligtings- en verwante dienste by die sentrum kan kry.’’; en (b) deur subartikel (7) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(7) [Die koste om die regeringsgidsinligtingsdiens te verskaf, moet] Elektroniese kommunikasiediens- en elektroniese kommuni- 40 kasienetwerkdienslisensiehouers wat kommunikasie na die sentrum dra, mag nie enige gelde hef aan die oproeper vir die maak van oproepe na die sentrum nie aangesien sodanige koste deur die lisensiehouer gedra moet word.’’. Invoeging van artikel 72A in Wet 36 van 2005 45 32. Die volgende artikel word hierby na artikel 72 in die Hoofwet ingevoeg: ‘‘Nasionale Breëbandraad 72A. (1) Die Minister moet ’n Nasionale Breëbandraad instel om die werksaamhede in subartikel (3) bedoel te verrig, met inagneming van die bepalings van enige ander nasionale wet oor die ontwikkeling van 50 infrastruktuur.

Seleccionar párrafo de destino3

Conectar a un párrafo
Connect to an entity
Disable highlights
Añadir a la tabla de contenidos