23 netwerkdienste wat die lisensiehouers aan hulself of geaffilieerdes verskaf nie.’’. Wysiging van artikel 38 van Wet 36 van 2005 20. Artikel 38 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(1) (a) Die Owerheid moet regulasies voorskryf om die aangaan van interkonneksie-ooreenkomste te fasiliteer deur beginsels vir interkonneksie-ooreenkomste te bepaal. (b) Die regulasies kan enige regulasies in [artikel 39] artikels 39 en 41 bedoel, insluit.’’; (b) deur paragraaf (j) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(j) die raamwerk vir die bepaling van tegniese en [finansiële] ekonomiese doenlikheid en die bevordering van doeltreffende gebruik van die elektroniese kommunikasienetwerke en verskaffing van dienste in artikel 37(3) beoog;’’; (c) deur paragraaf (k) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(k) die vereiste dat ’n lisensiehouer onderhandel oor en ’n interkonneksie-ooreenkoms aangaan met ’n aansoeker om ’n individuele lisensie of geregistreerde van ’n klaslisensie; en’’; en (d) deur subartikels (5) en (6) onderskeidelik deur die volgende subartikels te vervang: ‘‘(5) Die interkonneksieregulasies kan ’n raamwerk insluit vir die vrystelling (in geheel of gedeeltelik) van lisensiehouers wat minder as 25% markaandeel het van die verpligting om kragtens artikel 37(1) te interkonnekteer. (6) Waar ’n lisensiehouer ingevolge subartikel (5) vrygestel is van die verpligting om te interkonnekteer en sodanige vrygestelde lisensiehouer ’n interkonneksie-ooreenkoms aangaan met ’n ander vrygestelde lisensiehouer of ’n persoon wat dienste verskaf ingevolge ’n lisensievrystelling, is artikels 37(6) en [39(3) en (4)] 39(2) nie op so ’n interkonneksie-ooreenkoms van toepassing nie.’’. 5 10 15 20 25 30 Wysiging van artikel 42 van Wet 36 van 2005 21. Artikel 42 van die Hoofwet word hierby gewysig deur in subartikel (2) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: ‘‘Die raamwerk in subartikel (1)(b) beoog, moet [van krag wees nie later nie as 35 1 Julie 2006 en moet] verseker dat—’’. Wysiging van artikel 43 van Wet 36 van 2005 22. Artikel 43 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur paragraaf (a) in subartikel (4) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) tegnies en [finansieel] ekonomies doenlik is; en’’; (b) deur subartikel (7) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(7) Die verhuring van elektroniese kommunikasiefasiliteite deur ’n elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer ingevolge subartikel (1) moet, tensy anders versoek deur die party wat verhuur, niediskriminerend wees soos tussen vergelykbare tipes elektroniese kommunikasiefasiliteite wat verhuur word en nie van ’n laer tegniese standaard en gehalte as die tegniese standaard en gehalte wat sodanige elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer aan homself of aan ’n geaffilieerde verskaf nie of op enige ander wyse diskriminerend in vergelyking met vergelykbare netwerkdienste deur sodanige lisensiehouers aan hulself of geaffilieerdes verskaf nie.’’; (c) deur die volgende subartikel na subartikel (8) in te voeg: ‘‘(8A) (a) Versoeke om verhuring van noodsaaklike fasiliteite word geag die doeltreffende gebruik van elektroniese kommunikasienetwerke en -dienste te bevorder. 40 45 50 55

Seleccionar párrafo de destino3

Conectar a un párrafo
Connect to an entity
Disable highlights
Añadir a la tabla de contenidos