33 (2) Die bedinge en voorwaardes van aanstelling van lede wat uit die openbare en privaatsektor mag kom, met inbegrip van toelaes, samestelling en vergaderings van toepassing op die Raad uit hoofde van die Raad se aanstelling ingevolge subartikel (1), moet wees soos die Minister bepaal het. (3) Die Raad moet aan die Minister verslag doen en moet die Minister van raad bedien oor breëbandbeleid en inwerkingstelling en moet, waar die Minister dit vereis, die volgende werksaamhede verrig: (a) Algehele breëband-inwerkingstelling deur die staat op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke koördineer; (b) die monitering en meting van breëbandpenetrasie in Suid-Afrika bewerkstellig; (c) ’n breëband-inwerkingstellingsplan ontwikkel wat die Breëbandbeleid vir Suid-Afrika ondersteun, welke plan, sonder beperking, vaardigheidsontwikkeling, navorsing en ontwikkeling van breëbandprioriteitsgebiede moet insluit; (d) die Minister en die Minister van Finansies van raad bedien oor regeringsbelegging in elektroniese kommunikasiefasiliteite en -netwerke wat bydra tot breëband op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlakke om onnodige duplisering te vermy; (e) maatreëls aanbeveel om opname en gebruik van breëband te vergroot asook om openbare bewustheid oor die voordele van breëband te verbeter; en (f) jaarliks ’n opname te doen oor die status van penetrasie van breëband in die Republiek en dit te evalueer, met inbegrip van, sonder beperking, huishoudelike breëbandpenetrasie en elektroniese kommunikasienetwerk-konnektiwiteit aan munisipaliteite en breëbandverskaffers.’’. 5 10 15 20 25 Vervanging van artikel 73 van Wet 36 van 2005 33. Artikel 73 van die Hoofwet word hierby deur die volgende artikel vervang: 30 ‘‘E-tarief 73. (1) Internetdienste, wat gelewer word aan alle openbare gesondheidsinstellings in die ‘National Health Act, 2003’ (Wet No. 61 van 2003), omskryf alle openbare en onafhanklike skole soos omskryf in die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet No. 84 van 1996), alle openbare en private kolleges en alle openbare en private instellings vir verdere onderwys en opleiding [soos omskryf in] verklaar of geregistreer ingevolge die [Wet op Verdere Onderwys en Opleiding, 1998 (Wet No. 98 van 1998)] ‘Further Education and Training Colleges Act, 2006’ (Wet No. 16 van 2006), en alle openbare en private instellings vir hoër onderwys omskryf in die Wet op Hoër Onderwys, 1997 (Wet No. 101 van 1997), moet gelewer word teen ’n minimum verdiskonteerde tarief van 50% van die totale koste wat gehef word deur die [lisensiehouer] elektroniese kommunikasiedienslisensiehouer wat internetdienste aan sulke instellings lewer. (2) Die diskonto is van toepassing op die totale koste wat gehef word deur die [lisensiehouer] elektroniese kommunikasiedienslisensiehouer, wat die volgende insluit maar nie daartoe beperk is nie: (a) Enige konnektiwiteitsgelde vir toegang tot die Internet; (b) heffings vir enige [toerusting] elektroniese kommunikasiefasiliteite wat gebruik word vir of saam met konnektiwiteit tot die Internet; en (c) alle [oproepe wat na ’n internetdiensverskaffer gemaak word] oproepkostes vir toegang tot die Internet. (3) Waar die [lisensiehouer] elektroniese kommunikasiedienslisensiehouer, wat internetdienste verskaf aan die instellings en skole in subartikel (1) beoog, sy elektroniese kommunikasiefasiliteite vir die lewering van internetdienste van ’n elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer verkry, is die lisensiehouer geregtig op ’n minimum van 50% afslag van die [kleinhandelstarief] 35 40 45 50 55

Seleccionar párrafo de destino3

Conectar a un párrafo
Connect to an entity
Disable highlights
Añadir a la tabla de contenidos