39 Invoeging van artikels 82A tot 82E in Wet 36 van 2005 38. (1) Die volgende artikels word hierby na artikel 82 in die Hoofwet ingevoeg: ‘‘Aanstelling van hoof- uitvoerende beampte 82A. (1) Die Raad moet, met die goedkeuring van die Minister, ’n HUB aanstel om te verseker dat die Agentskap sy doelwitte bereik. 5 (2) Die Raad moet aansoeke om die pos van HUB nooi deur advertensies in die media te publiseer. (3) ’n Persoon as HUB aangestel moet— (a) die kwalifikasies of ervaring van toepassing op die Agentskap hê; en (b) nie as gevolg van enige handeling in artikel 81A(1)(b) bedoel, 10 onbevoeg wees nie. Aanstellingsvoorwaardes van HUB 82B. (1) Die aanstelling van die HUB is onderhewig aan die sluiting van ’n jaarlikse prestasie-ooreenkoms met die Agentskap. (2) Die HUB word vir ’n termyn van hoogstens vyf jaar aangestel en kan, 15 behoudens die Minister se goedkeuring, vir een bykomende termyn van hoogstens vyf jaar heraangestel word. (3) Die HUB beklee sy of haar amp volgens bepalings en voorwaardes neergelê deur die Raad, met die instemming van die Minister. (4) Die HUB is ’n lid van die Raad uit hoofde van sy of haar amp. 20 (5) Die HUB is geregtig op ’n vergoedingspakket deur die Raad bepaal met die instemming van die Minister en die Minister van Finansies. (6) Die HUB is teenoor die Raad verantwoordbaar. Diensbeëindiging van HUB 82C. (1) Die Raad moet, met die goedkeuring van die Minister en 25 behoudens die ‘Promotion of Administrative Justice Act, 2000’ (Wet No. 3 van 2000), en toepaslike arbeidswetgewing, die diens van die HUB beëindig— (a) weens wangedrag; of (b) weens versuim om die pligte wat op daardie amp betrekking het, 30 toegewyd te verrig. (2) Die Raad kan die dienste van die HUB opskort hangende die uitkoms van enige geregtelike stappe teen hom of haar weens wangedrag, en in daardie tydperk is die HUB ook as uitvoerende lid van die Raad geskors. (3) Die HUB moet die amp ontruim indien hy of sy weens enige 35 handeling in artikel 81A(1)(b) beoog vir lidmaatskap van die Raad onbevoeg word. (4) Die HUB kan bedank deur minstens 30 dae skriftelik aan die voorsitter van die Raad kennis te gee. Waarnemende hoof- uitvoerende beampte 40 82D. (1) Die Raad kan enige senior werknemer van die Agentskap skriftelik aanstel om as HUB waar te neem wanneer die bekleër van daardie amp— (a) tydelik nie in staat is om die pligte wat met daardie amp gepaard gaan te verrig nie; 45 (b) uit die amp geskors is; of (c) daardie amp ontruim het of daaruit onthef is en ’n nuwe HUB nog nie aangestel is nie. (2) ’n Waarnemende hoof- uitvoerende beampte mag al die bevoegdhede van die HUB uitoefen en moet al die pligte van die HUB verrig, na gelang 50 van die geval.

Seleccionar párrafo de destino3

Conectar a un párrafo
Connect to an entity
Disable highlights
Añadir a la tabla de contenidos