41 Delegering en opdragte deur HUB 82E. (1) Die HUB kan enige van sy of haar bevoegdhede delegeer en enige van sy of haar pligte opdra aan ’n werknemer van die Agentskap. (2) Enige delegering of opdrag in subartikel (1) beoog— (a) kan aan die voorwaardes wat die Raad bepaal onderhewig gemaak word; (b) moet skriftelik aan die gedelegeerde of ontvanger van die opdrag oorgedra word; (c) kan skriftelik deur die HUB gewysig of ingetrek word; en (d) belet nie die houer van die amp wat die delegering of opdrag gemaak het daarvan om daardie bevoegdheid uit te oefen of daardie plig te verrig nie. (3) Ondanks ’n delegering of opdrag in subartikel (1) beoog, is die HUB nie ontdaan van enige bevoegdheid of plig aldus gedelegeer of opgedra nie.’’. (2) (a) Enige verwysing in enige ander wetsbepaling na die HUB in artikel 83 van die Hoofwet bedoel voor die invoeging van artikel 82A deur subartikel (1) van hierdie artikel, moet uitgelê word as ’n verwysing na die HUB in die genoemde artikel 82A bedoel. (b) Enigiets voor die inwerkingtreding van hierdie artikel deur die HUB gedoen in die administrasie van enige wetsbepaling, moet geag word deur die HUB in artikel 82A bedoel gedoen te gewees het. (c) Die persoon wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie artikel die amp van HUB beklee het, moet geag word kragtens artikel 82A van die Hoofwet soos deur artikel (1) van hierdie artikel ingevoeg, aangestel te gewees het. 5 10 15 20 25 Wysiging van artikel 83 van Wet 36 van 2005 39. Artikel 83 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(1) Die Agentskap staan onder leiding en beheer van die HUB[, wat deur die Raad aangestel word].’’; (b) deur subartikels (2) en (4) te skrap; (c) deur paragraaf (a) in subartikel (8) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) die bemagtiging van histories benadeelde persone, [insluitend] met inbegrip van vroue, die jeug en persone met gestremdhede, bevorder; en’’; (d) deur subartikels (9) en (10) onderskeidelik deur die volgende subartikels te vervang: ‘‘(9) Die [HUB en ander] personeel van die Agentskap moet aangestel word op grond van hulle kwalifikasies, kundigheid of ondervinding op die gebiede van, gesamentlik beskou, ontwikkelingsbeplanning, gemeenskapsontwikkeling, sosiale wetenskappe, ekonomie, elektroniese kommunikasie en publisiteit. (10) ’n Persoon mag nie aangestel word of aanbly in die pos van [HUB of ander] ’n lid van die personeel van die Agentskap nie indien hy of sy ongeskik word om die pos te beklee of onbekwaam raak.’’; (e) deur subartikel (11) te skrap; en (f) deur subartikels (12) en (13) onderskeidelik deur die volgende subartikels te vervang: ‘‘(12) Die [HUB en ander werknemers] personeellede van die Agentskap beklee hulle ampte op die voorwaardes rakende besoldiging en andersins[— (a) in die geval van die HUB, wat die Minister met die instemming van die Minister van Finansies bepaal; en (b) in die geval van die ander werknemers,] wat die HUB met die instemming van die Minister en die Minister van Finansies bepaal. (13) Verskillende tydperke en voorwaardes kan kragtens subartikel [(11) of] (12) ten opsigte van verskillende [werknemers] personeellede van die Agentskap bepaal word.’’. 30 35 40 45 50 55

Seleccionar párrafo de destino3

Conectar a un párrafo
Connect to an entity
Disable highlights
Añadir a la tabla de contenidos