13 (e) deur subartikel (6) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(6) [By die oorweging van die implementering van die bestuurde liberaliseringsbeleide kan die] Die Owerheid kan net aansoeke om individuele elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensies aanvaar en oorweeg ingevolge ’n beleidsvoorskrif deur die Minister ingevolge 5 artikel 3 uitgereik.’’; (f) deur paragraaf (b) in subartikel (8) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(b) ’n regspersoon, kragtens die wette van die Republiek geregistreer is [of sal wees] en sy vernaamste plek van besigheid binne die Republiek geleë is [of sal wees].’’; 10 (g) deur die volgende subartikel na subartikel (8) in te voeg: ‘‘(8A) Subartikel (8) is met die veranderinge deur die samehang vereis van toepassing op enige elektroniese kommunikasiediens of -netwerkdiens wat voorsien kan word, elektroniese kommunikasienetwerk wat bedryf kan word en enige radiofrekwensiespektrum wat 15 gebruik kan word, soos beoog in artikel 6.’’; en (h) deur paragraaf (b) in subartikel (9) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(b) [die bemagtiging van histories benadeelde persone] breëbasisswart ekonomiese bemagtiging, insluitend die bemagtiging van vroue en die jeug en [mense] persone met gestremdhede, bevorder 20 ooreenkomstig die vereistes van die IKT-handves.’’. Wysiging van artikel 8 van Wet 36 van 2005 6. Artikel 8 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur in subartikel (2) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: ‘‘Sodanige standaardbedinge en -voorwaardes kan [in aanmerking neem] insluit, maar is nie beperk nie tot—’’; (b) deur in subartikel (2) die woord ‘‘en’’ aan die einde van paragraaf (m) te skrap, die uitdrukking ‘‘; en’’ aan die einde van paragraaf (n) by te voeg en die volgende paragraaf by te voeg: ‘‘(o) toegang tot uitsaai-, pos- en elektroniese kommunikasiedienste vir persone met gestremdhede wat insluit, maar nie beperk is nie tot, dienste wat ontwerp is om toeganklikheid vir persone met gestremdhede te verbeter, soos videoteks, onderskrifte, oudiobeskrywing en gebaretaal.’’; (c) deur subartikels (3) en (4) onderskeidelik deur die volgende subartikels te vervang: ‘‘(3) Die Owerheid kan bykomende bedinge en voorwaardes voorskryf wat op enige individuele lisensie of klaslisensie toegepas kan word [met inagneming van] behoudens die bepalings van Hoofstuk 10. (4) Die Owerheid kan by regulasie voorsiening maak vir die aanwysing van lisensiehouers op wie verpligtinge van universele diens en universele toegang van toepassing is en kan bykomende bedinge en voorwaardes voorskryf ten opsigte van die verpligtinge van toepaslike universele diens en universele toegang op die aangewese lisensiehouers.’’; en (d) deur die volgende subartikel by te voeg: ‘‘(5) Die Owerheid moet, by die uitoefening van sy bevoegdhede en die verrigting van sy werksaamhede, omdat sy bevoegdhede en werksaamhede ingevolge hierdie Wet op universele diens en universele toegang betrekking het, sodanige bevoegdhede en sodanige werksaamhede na oorleg met die Agentskap uitoefen en verrig en moet bepalings ingevolge artikel 82 deur die Minister gemaak, in ag neem.’’. 25 30 35 40 45 50 Wysiging van artikel 9 van Wet 36 van 2005 7. Artikel 9 van die Hoofwet word hierby gewysig— 55 (a) deur paragraaf (b) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(b) die persentasie van aandeeleienaarskap insluit wat gehou moet word deur persone van histories benadeelde groepe, wat minstens 30% moet wees of die ander voorwaardes of hoër persentasie wat

Seleccionar párrafo de destino3

Conectar a un párrafo
Connect to an entity
Disable highlights
Añadir a la tabla de contenidos