17 Wysiging van artikel 17 van Wet 36 van 2005 11. Artikel 17 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (3), (4) en (5) onderskeidelik deur die volgende subartikels te vervang: ‘‘(3) Behoudens artikel 18 moet die Owerheid binne [sestig (60)] dertig (30) dae na ontvangs van ’n registrasiekennisgewing die klaslisensie [verleen] uitreik en sy interne rekords bywerk deur [die volgende] in te sluit— (a) die naam van die aanvaarde geregistreerde; (b) die aard van die diens wat die geregistreerde beoog om te verskaf; en (c) die lisensievoorwaardes van toepassing op die klaslisensie. (4) Indien die Owerheid die [verlening] uitreiking van ’n klaslisensie langer as die tydperk van [sestig (60)] dertig (30) dae vertraag, moet die Owerheid skriftelik kennis van die vertraging en van die redes vir die vertraging aan die geregistreerde gee. (5) In enige geval waar— (a) die Owerheid versuim om kennis van ’n vertraging aan die geregistreerde te gee en versuim om die klaslisensie [toe te staan] uit te reik binne die [sestig (60)] dertig (30) dae soos ingevolge subartikel (4) vereis; (b) die geregistreerde voldoen het aan die regulasies ingevolge artikel 5(7) voorgeskryf wat op klaslisensies van toepassing is; (c) die geregistreerde voldoen aan die voorwaardes in artikel 5(8) bedoel; en (d) die Owerheid nie [geweier het om] die registrasiekennisgewing vir die klaslisensie ingevolge artikel 18 [te aanvaar] geweier of afgekeur het nie, word die klaslisensie geag deur die Owerheid [verleen] uitgereik te wees op die [61ste] 31ste dag na ontvangs van die registrasiekennisgewing deur die Owerheid.’’. 5 10 15 20 25 Wysiging van artikel 20 van Wet 36 van 2005 12. Artikel 20 van die Hoofwet word hierby gewysig deur die volgende subartikel by te voeg: ‘‘(3) Die Owerheid moet, binne 18 maande na die inwerkingtreding van die Wysigingswet op Elektroniese Kommunikasie, 2014, voorskryf hoe elektroniese 30 kommunikasienetwerkdienslisensiehouers hul regte moet uitoefen en verpligtinge kragtens hierdie Hoofstuk moet nakom en kan, in daardie tydperk, op die voorgeskrewe wyse, voorwaardes en beperkings aan lisensiehouers oplê vir die uitoefen en nakom van sodanige regte en verpligtinge, na oorweging van die beleid en beleidsvoorskrifte in artikel 21 beoog.’’. 35 Vervanging van artikel 21 van Wet 36 van 2005 13. Artikel 21 van die Hoofwet word hierby deur die volgende artikel vervang: ‘‘[Riglyne vir vinnige] kommunikasiefasiliteite Vinnige ontplooiing van elektroniese 21. (1) Die Minister moet, in oorleg met die Minister van [Provinsiale en Plaaslike Regering] Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, die Minister van [Grondsake] Landelike Ontwikkeling en Grondsake, die Minister van Water en Omgewingsake, die Owerheid en ander tersaaklike instellings, [riglyne] ’n beleid en beleidsvoorskrifte ontwikkel vir die vinnige ontplooiing en verskaffing van elektroniese kommunikasiefasiliteite, waarna die Owerheid regulasies moet voorskryf. (2) Die [riglyne] regulasies moet prosedures en prosesse verskaf vir— (a) die verkryging van enige noodsaaklike permit, magtiging, goedkeuring of ander regeringsmagtiging, insluitend die kriteria wat nodig is om vir sodanige permit, magtiging, goedkeuring of ander regeringsmagtiging te kwalifiseer; en (b) die beslegting van geskille wat tussen ’n elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer en ’n grondeienaar ontstaan, ten einde die openbare belang by die vinnige verskaffing van elektroniese kommunikasienetwerke en elektroniese kommunikasiefasiliteite te bevredig. 40 45 50 55

Seleccionar párrafo de destino3

Conectar a un párrafo
Connect to an entity
Disable highlights
Añadir a la tabla de contenidos