9 (s) deur in die Engelse teks, in die omskrywing van ‘‘reseller’’ paragraaf (a) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) acquires through lease or other commercial arrangement, [by] any electronic communications network service or electronic communications service; and’’; (t) deur die volgende omskrywing na die omskrywing van ‘‘televisieuitsaaidiens’’ in te voeg: ‘‘ ‘toedeling’, in verband met ’n frekwensieband, die aantekening in die tabel van frekwensietoedelings van ’n gegewe frekwensieband vir die gebruik daarvan deur een of meer terrestriële of ruimte radiokommunikasiedienste of die radio-astronomiediens onder vermelde voorwaardes; ‘toekenning’ in verband met ’n radiofrekwensie of radiofrekwensiekanaal, ’n magtiging deur die Owerheid gegee vir ’n radiostasie om ’n radiofrekwensiekanaal kragtens vermelde voorwaardes te gebruik, en ‘toeken’ moet ooreenkomstig uitgelê word;’’; (u) deur die omskrywing van ‘‘uitsaaidiensradiofrekwensiebande’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘uitsaaidiensradiofrekwensiebande’ daardie deel van die elektromagnetiese radiofrekwensiespektrum wat, met inagneming van die [ITU-toewysingstabel] ITU-toedelingstabel, deur die Owerheid toegewys is vir die gebruik van uitsaaidienste in soverre die Republiek tot sodanige toewysing ingestem het of dit aangeneem het;’’; en (v) deur die omskrywing van ‘‘universele diens’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘universele diens’ die universele verskaffing van elektroniese kommunikasienetwerkdienste, elektroniese kommunikasiedienste en uitsaaidienste soos van tyd tot tyd ingevolge Hoofstuk 14 bepaal;’’. 5 10 15 20 25 Wysiging van artikel 2 van Wet 36 van 2005, soos gewysig deur artikel 2 van Wet 37 van 2007 30 2. Artikel 2 van die Hoofwet word hierby gewysig deur paragraaf (h) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(h) breëbasis- swart ekonomiese [die] bemagtiging [van histories benadeelde persone, insluitend swart mense,] te bevorder, met besondere aandag aan die behoeftes van vroue, geleenthede vir die jeug en uitdagings vir [mense] 35 persone met gestremdhede;’’. Wysiging van artikel 3 van Wet 36 van 2005, soos gewysig deur artikel 3 van Wet 37 van 2007 3. Artikel 3 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur paragraaf (e) in subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(e) riglyne vir die bepaling deur die Owerheid van lisensiegelde en spektrumgelde verbonde aan die toestaan van die lisensies in Hoofstuk 3 en Hoofstuk 5 beoog, insluitend aansporings wat van toepassing kan wees op individuele lisensies waar die aansoeker bindende verbintenisse aangaan om elektroniese kommunikasienetwerke op te rig en elektroniese kommunikasiedienste in landelike en onderbediende gebiede van die Republiek te verskaf;’’; (b) deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(2) Die Minister kan behoudens subartikel (3) en (5) beleidsvoorskrifte aan die Owerheid, of behoudens subartikel (5) aan die Agentskap, uitreik in ooreenstemming met die oogmerke van hierdie Wet, van nasionale beleid en van die verwante wetgewing met betrekking tot— (a) die onderneem van ’n ondersoek ingevolge artikel 4B van die OKOSA-wet oor enige aangeleentheid binne die Owerheid se jurisdiksie en die voorlegging van verslae aan die Minister ten opsigte van sodanige aangeleentheid; 40 45 50 55

Seleccionar párrafo de destino3

Conectar a un párrafo
Connect to an entity
Disable highlights
Añadir a la tabla de contenidos