Goewermentskennisgewing
SAMEWERKENDE REGERING EN TRADISIONELE SAKE
12 No. 43107
GOVERNMENT GAZETTE, 18 MARCH 2020
No. xx 2002
DEPARTEMENT VAN SAMEWERKENDE REGERING EN TRADISIONELE SAKE
NO. 318
318
18 MAART 2020
Wet op Rampbestuur, 2002: Regulasies uitgereik ingevolge Artikel 27(2) van die Wet
43107
WET OP RAMPBESTUUR, 2002
REGULASIES UITGEREIK INGEVOLGE ARTIKEL 27(2) VAN DIE WET OP
RAMPBESTUUR
Ek, Dr Nkosazana Dlamini Zuma, die Minister van Samewerkende Regering en
Tradisionele Sake, aangewys kragtens artikel 3 van die Wet op Rampbestuur, 2002
(Wet No. 57 van 2002) (“die Wet”), nadat ’n nasionale ramptoestand afgekondig is in
Staatskoerant No. 43096 op 15 Maart 2020, ingevolge artikel 27(2) van die Wet, ná
oorleg met die tersaaklike Kabinetslede, vaardig hierby die Regulasies luidens die
bylae hierby uit oor die noodsaaklike stappe om ’n verergering van die ramp te
voorkom of om die uitwerking van die ramp te verlig, te stuit en te minimaliseer.
DR NKOSAZANA DLAMINI ZUMA, LP
MINISTER VAN SAMEWERKENDE REGERING EN TRADISIONELE SAKE
DATUM: 17-03-2020
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za