13 (b) enige insidentele geskenk deur ’n raadslid ontvang of ontleen vir bywoning van enige konferensie of openbare lesing; of (c) enige ander werk wat redelik geag kan word die werk van die Owerheid te bevorder, maar sodanige aanstelling, amp en honorarium, of geskenk moet skriftelik bekend gemaak word en aangeteken word soos in artikel 11B en 12(2) voor voorsiening gemaak.’’. 5 Wysiging van artikel 11 van Wet 13 van 2000 9. Artikel 11 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: 10 ‘‘(1)[(a)] Vergaderings van die Raad word ten minste een keer ’n maand gehou op die tye en plekke wat die Raad bepaal. [(b) Die eerste vergadering word egter op die tyd en plek gehou wat die voorsitter bepaal.]’’; (b) deur subartikel (3) deur die volgende subartikel te vervang: 15 ‘‘(3) Die kworum vir enige vergadering van die Raad is ’n meerderheid van die raadslede wat [op daardie tydstip die amp beklee] wat tans as raadslede dien, met inbegrip van die voorsitter of ’n waarnemende voorsitter in artikel 5(2) bedoel.’’; en (c) deur die volgende subartikel by te voeg: 20 ‘‘(5) Die hoof- uitvoerende beampte van die Owerheid moet genooi word om enige vergadering van die Raad by te woon en kan by enige sodanige vergadering oor enige aangeleentheid praat, wat genotuleer moet word, maar hy of sy het nie stemreg by ’n vergadering nie.’’. Wysiging van artikel 11A van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 13 van 25 Wet 3 van 2006 10. Artikel 11A van die Hoofwet word hierby gewysig deur die volgende subartikels by te voeg: ‘‘(3) Die notule in subartikel (2) beoog, moet onderteken, bevestig en op die Owerheid se webtuiste gepubliseer word en in sy biblioteek beskikbaar gestel word 30 binne 30 dae na die afsluiting van die vergadering, maar enige inligting wat ingevolge artikel 4D vertroulik bepaal is, moet voor sodanige publikasie of beskikbaarstelling, verwyder word.’’. Invoeging van artikel 11B in Wet 13 van 2000 11. Die volgende artikel word hierby na artikel 11A in die Hoofwet ingevoeg: 35 ‘‘Etiese kode 11B. (1) Die Owerheid moet, binne 180 dae na die inwerkingtreding van artikel 11 van die Wysigingswet op die Onafhanklike Kommunikasieowerheid, 2014, ’n Etiese Kode publiseer en publiek beskikbaar stel op sy webtuiste en in sy biblioteek, welke Etiese Kode, onder andere, die 40 prosesse vir die bekendmaking deur artikel 7(7) en artikel 12(2) vereis hanteer, en wat die beheerbeginsels bepaal waarvolgens die Owerheid of die Raad funksioneer, met inbegrip van, onder andere— (a) beginsels van wedersydse respek en kollektiewe verantwoordelikheid; (b) ’n vereiste dat die Raad, te alle tersaaklike tye of plekke, al die 45 tersaaklike inligting sal hê wat nodig is om ’n ingeligte besluit te neem, met inagneming van al die tersaaklike feite wat tot sy beskikking is; en (c) ’n verbintenis deur die Raad om die sake van die Owerheid ooreenkomstig die hoogste vlak van korporatiewe beheer, met 50 inbegrip van professionaliteit en integriteit, te voer. (2) Alle raadslede en die hoof- uitvoerende beampte moet hou by en voldoen aan die vereistes van die Etiese Kode en moet, onder andere, enige belang, hetsy finansieel of andersins, direk of indirek, skriftelik aan die

Sélectionner le paragraphe cible3

Se connecter à un paragraphe
Connect to an entity
Disable highlights
Ajouter à la table des matières