11 Wysiging van artikel 6A van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 9 van Wet 3 van 2006 7. Artikel 6A van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(1) Die Minister moet, in oorleg met die Nasionale Vergadering, ’n prestasiebestuurstelsel instel om die prestasie van die voorsitter [en], ander raadslede en die Raad, individueel en gesamentlik, te moniteer en evalueer.’’. (b) deur paragraaf (a) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) gepaste sleutelprestasie-aanduiders as ’n maatstaf vir prestasiemeting bepaal, met inbegrip van, onder andere, die aangeleenthede en die tydperke uiteengesit in artikels 4(3A), 4B(2)(a), (7), (8) en (9), 4C(6), 7(7), 11A(3) en (4), 11B, 12(2) en 16(1) en (2);’’; (c) deur die woord ‘‘en’’ aan die einde van paragraaf (b) in subartikel (2) te skrap, die uitdrukking ‘‘; en’’ na die woord ‘‘hersien’’ in paragraaf (c) in te voeg en deur die volgende paragraaf by te voeg: ‘‘(d) ten minste eenkeer per jaar hersien word.’’; en (d) deur subartikels (3), (4) en (5) onderskeidelik deur die volgende subartikels te vervang: ‘‘(3) So gou prakties doenlik na die aanstelling van die voorsitter of enige ander raadslid moet ’n prestasie-ooreenkoms tussen die voorsitter [of], ander raadslid, die Raad en die Minister gesluit word. (4) Die evaluering van die prestasie van die voorsitter [of], ander raadslid en die Raad moet uitgevoer word deur ’n paneel wat die Minister in oorleg met die Nasionale Vergadering vir dié doel saamstel. (5) Die paneel in subartikel (4) beoog, moet na ’n evaluasie van die voorsitter [of], ander raadslid en die Raad, ’n verslag aan die Nasionale Vergadering voorlê vir oorweging.’’. 5 10 15 20 25 Wysiging van artikel 7 van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 10 van Wet 3 van 2006 30 8. Artikel 7 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur paragraaf (b) in subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(b) Die voorsitter kan ingevolge artikel 5 aan die einde van sy of haar ampstermyn weer aangestel word vir ’n enkele bykomende termyn van slegs vyf jaar.’’; (b) deur subartikels (4), (5) en (6) onderskeidelik deur die volgende subartikels te vervang: ‘‘(4) Ondanks die bepalings van subartikels (1) en (2) bly die [raadslede] voorsitter of ’n raadslid na die verstryking van [hul] sy of haar ampstermyn in die amp aan tot met die aanvang van die ampstermyn van [hul opvolgers] sy of haar opvolger, maar die verlengde ampstermyn mag nie 45 dae te bowe gaan nie. (5) ’n Raadslid kan aan die einde van sy of haar ampstermyn ingevolge artikel 5 heraangestel word vir ’n enkele bykomende termyn van slegs vier jaar. (6) [Elke raadslid] ’n Raadslid— (a) dien in ’n heeltydse hoedanigheid ter uitsluiting van enige ander besoldigde werk, beroep of amp [wat waarskynlik—]; [a](b) moet nie met die uitoefening deur [so] ’n ander raadslid van sy of haar werksaamhede ingevolge hierdie Wet of die onderliggende wette [sal] inmeng nie; [of] en [b](c) moet nie ’n botsing van belange tussen [sodanige werk, beroep of amp] sy of haar ander aktiwiteite en sy of haar amp as raadslid teweeg [sal] bring nie.’’; en (c) deur die volgende subartikel by te voeg: ‘‘(7) Die bepalings van subartikel (6) is nie van toepassing nie op— (a) ’n raadslid wat ’n amp beklee as ’n lid van ’n openbarebelangeorganisasie en gepaardgaande take verrig waarvoor ’n honorarium betaal word of betaalbaar is; 35 40 45 50 55

Sélectionner le paragraphe cible3

Se connecter à un paragraphe
Connect to an entity
Disable highlights
Ajouter à la table des matières