11 (b) die bepaling van prioriteite vir die ontwikkeling van elektroniese kommunikasienetwerke en elektroniese kommunikasiedienste of enige ander diens in Hoofstuk 3 beoog; (c) die oorweging van enige aangeleentheid binne die Owerheid of Agentskap se jurisdiksie wat redelikerwys deur die Minister aan hom voorgelê word vir dringende oorweging; (d) riglyne vir die bepaling van spektrumgelde deur die Owerheid; en (e) enige ander aangeleentheid wat nodig mag wees vir die toepassing van hierdie Wet of die verwante wetgewing.’’; (c) deur subartikel (4) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(4) Die Owerheid, of die Agentskap, na gelang van die geval, moet, by die uitoefening van sy bevoegdhede en die verrigting van sy pligte ingevolge hierdie Wet en die verwante wetgewing, beleide oorweeg wat die Minister ingevolge subartikel (1) gemaak het en beleidsvoorskrifte wat die Minister ingevolge subartikel (2) uitgereik het.’’; (d) deur subartikel (5) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(5) By die uitreiking van ’n beleid ingevolge subartikel (1) of ’n beleidsvoorskrif ingevolge subartikel (2) moet die Minister— (a) die Owerheid of die Agentskap, na gelang van die geval, raadpleeg; en (b) ten einde die menings van belanghebbende persone in te win, die teks van sodanige beleid of beleidsvoorskrif by kennisgewing in die Staatskoerant publiseer— (i) waarin sy of haar voorneme om die beleid of beleidsvoorskrif uit te reik, verklaar word; (ii) waarin belanghebbende persone versoek word om skriftelike voorleggings met betrekking tot die beleid of beleidsvoorskrif binne nie minder nie as 30 dae na die datum van die kennisgewing op die wyse in sodanige kennisgewing vermeld, voor te lê; (c) ’n finale weergawe van die beleid of beleidsvoorskrif in die Staatskoerant publiseer.’’; en (e) deur die volgende subartikel by te voeg: ‘‘(10) Indien dit onder die omstandighede redelik en regverdigbaar is, soos in die ‘Promotion of Administrative Justice Act, 2000’ (Wet No. 3 van 2000), beoog, kan die Minister afwyk van die tydperk in subartikel (5)(b)(ii) vermeld.’’. 5 10 15 20 25 30 35 Wysiging van artikel 4 van Wet 36 van 2005 4. Artikel 4 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (5) deur die volgende subartikel te vervang: 40 ‘‘(5) Die Owerheid moet nie minder nie as 30 dae voordat regulasies uitgevaardig word, die Minister skriftelik in kennis stel van sy voorneme en die [onderwerp van die] Minister voorsien van ’n afskrif van die voorgestelde regulasies.’’. Wysiging van artikel 5 van Wet 36 van 2005, soos gewysig deur artikel 4 van Wet 45 37 van 2007 5. Artikel 5 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur paragraaf (b) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(b) kommersiële uitsaai en openbare uitsaai van nasionale en [streekomvang] provinsiale omvang, ongeag of dit vry-op-lug of 50 deur subskripsie verskaf word;’’; (b) deur paragraaf (d) in subartikel (3) te skrap; (c) deur paragraaf (b) in subartikel (5) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(b) gemeenskapsuitsaai- [en] of laekragdienste, ongeag of dit vry-oplug of deur intekening verskaf word;’’; 55 (d) deur die volgende paragraaf na paragraaf (b) in subartikel (5) in te voeg: ‘‘(bA) elektroniese kommunikasiedienste van distriksmunisipale of plaaslike munisipale omvang vir kommersiële doeleindes bedryf;’’;

Sélectionner le paragraphe cible3

Se connecter à un paragraphe
Connect to an entity
Disable highlights
Ajouter à la table des matières