5 (c) (d) (e) (f) (g) (h) (i) standaarde van diens uiteensit wat intekenaars en eindgebruikers kan verwag, en is ’n instrument vir prestasiemeting en verantwoordbaarheid wat op intekenaardiensuitkomste en eindgebruikerdiensuitkomste fokus;’’; deur die volgende omskrywing na die omskrywing van ‘‘dienshandves’’ in te voeg: ‘‘ ‘dienslisensie’ ’n lisensie wat die houer magtig om enige diens in Hoofstuk 3 beoog te lewer;’’; deur die omskrywing van ‘‘eindgebruiker’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘eindgebruiker’ ’n intekenaar en persone wat die dienste van ’n gelisensieerde diens, of wat ’n diens in navolging van ’n lisensievrystelling, in Hoofstuk 3 bedoel, gebruik;’’; deur die omskrywing van ‘‘elektroniese kommunikasiedienslisensiehouer’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘elektroniese kommunikasiedienslisensiehouer’ ’n persoon aan wie ’n elektroniese kommunikasiedienstelisensie ingevolge artikel 5(2) of 5(4) toegestaan is;’’; deur die omskrywing van ‘‘elektroniese kommunikasiefasiliteit’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘elektroniese kommunikasiefasiliteit’ ook, maar is nie beperk nie tot, enige— (a) draad, ook bedrading in geboue met verskillende bewoners; (b) kabel (insluitend ondersese en landgebaseerde veseloptiese kabels); (c) antenne; (d) mas; (e) satellietantwoordsender; (f) kringbaan; (g) kabellandstasie; (h) internasionale poort; (i) aardstasie; [en] (j) radio apparaat; (k) ruilgeboue; (l) datasentrums; en (m) draerneutrale hotelle, of ander ding, wat gebruik kan word vir, of in verband met, elektroniese kommunikasie, insluitend waar van toepassing— (i) plasingsruimte; (ii) moniteertoerusting; (iii) ruimte op of binne pale, kanale, kabelhouers, mangate, handvatsels en geleibuise; en (iv) geassosieerde steunstelsels, substelsels en dienste, bykomstig by sodanige elektroniese kommunikasiefasiliteite of andersins nodig om verbinding te beheer van die verskillende elektroniese kommunikasiefasiliteite vir behoorlike funksionaliteit, beheer, integrasie en benutting van sodanige elektroniese kommunikasiefasiliteite;’’; deur die omskrywing van ‘‘gemeenskaplike draer’’ deur die volgende omskrywing te vervang: ‘‘ ‘gemeenskaplike draer’ [’n] Sentech Beperk, ’n maatskappy in staatsbesit by die Wet op Sentech, 1996 (Wet No. 63 van 1996), ingestel en enige ander persoon gelisensieer om ’n elektroniese kommunikasienetwerkdiens te verskaf wat verplig is om seinverspreiding vir uitsaaidienste op ’n niediskriminerende en nie-eksklusiewe grondslag te verskaf;’’; deur die omskrywing van ‘‘geregistreerde politieke party’’ te skrap; deur die volgende omskrywing na die omskrywing van ‘‘geregistreerde politieke party’’ in te voeg: ‘‘ ‘Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde van Suid-Afrika’ die entiteit, of enige entiteit wat dit vervang maar dieselfde werksaamhede het, wat die inhoud van reklame reguleer;’’; 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60

Sélectionner le paragraphe cible3

Se connecter à un paragraphe
Connect to an entity
Disable highlights
Ajouter à la table des matières