STAATSKOERANT, 18 MAART 2020 No. 43107   13 BYLAE Woordomskrywing 1. In hierdie Regulasies, tensy dit uit die samehang anders blyk, beteken— “afdwingingsbeampte” ook ’n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, ’n lid van die SuidAfrikaanse Nasionale Weermag en ’n vredesbeampte, soos omskryf in artikel 1 van die Strafproseswet; “afsondering” die skeiding van ’n siek persoon of ’n persoon wat met ’n oordraagbare siekte besmet is, van gesonde individue wat nie daardie oordraagbare siekte het nie, op so ’n wyse dat die verspreiding van infeksie of besmetting voorkom word; “byeenkoms” enige vergadering, samedromming of optog van meer as 100 persone heeltemal of gedeeltelik in die opelug of in ’n gebou of perseel; “COVID-19” die Nuwe Koronavirus (2019-nCov) wat ’n oordraagbare siekte is wat deur ’n virus veroorsaak word wat in 2019 verskyn het en tydens 2020 deur die WGO tot ’n globale pandemie verklaar is, wat voorheen nie wetenskaplik in mense geïdentifiseer is nie; “die Wet” die Wet op Rampbestuur, 2002 (Wet No. 57 van 2002); “drank” — (a) enige drankproduk, soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Drankprodukte, 1989 (Wet No. 60 van 1989); (b) bier of tradisionele Afrika-bier; (c) enige ander stof of drank tot sterk drank verklaar kragtens die “Liquor Act”, 2003 (Wet No. 59 van 2003), maar sluit brandspiritus uit; 1 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Sélectionner le paragraphe cible3