STAATSKOERANT, 18 MAART 2020 (c) No. 43107   17 onderwerping van daardie persoon aan verpligte profilakse, behandeling, afsondering of kwarantyn of afsondering ten einde oordrag te voorkom: Met dien verstande dat indien iemand nie voldoen aan die instruksie of opdrag van die afdwingingsbeampte nie, daardie persoon vir 48-uur in afsondering of kwarantyn, na gelang van die geval, geplaas moet word hangende die uitreiking van ’n lasbrief deur ’n bevoegde landdros, by aansoek deur ’n afdwingingsbeampte vir die mediese ondersoek in paragraaf (a) beoog. (2) ’n Lasbrief in subregulasie (1) beoog, kan deur ’n landdros uitgereik word, indien dit uit inligting onder eed of plegtige verklaring deur ’n afdwingingsbeampte blyk— (a) dat bevestig is dat ’n persoon met COVID-19 besmet is; (b) dat ’n persoon op redelike gronde vermoed word COVID-19 op te gedoen het, of wat in kontak was met, of op redelike gronde vermoed word in kontak te gewees het wat ’n draer van of besmet is met COVID-19. (3) Die lasbrief kan beperkings oplê op die bevoegdhede van die afdwingingsbeampte soos die landdros gepas ag. (4) ’n Lasbrief ingevolge hierdie regulasie uitgereik bly van krag totdat— (a) dit uitgevoer is; (b) dit deur die persoon wat dit uitgereik het, gekanselleer word of, indien sodanige persoon nie beskikbaar is nie, deur enige persoon met soortgelyke gesag; (c) die verstryking van negentig dae vanaf die datum van uitreiking daarvan; of (d) die doel van die uitreiking van die lasbrief verstryk het, wat ook al eerste geskied. 5 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Sélectionner le paragraphe cible3