9 (b) deur die volgende subartikels by te voeg: ‘‘(7) Die tydperk in subartikel (2)(a) voor voorsiening gemaak, kan verleng word indien ’n ondersoek ingewikkeld is of waar wesenlike navorsing of analise deur enige belanghebbende persoon vereis word. (8) Voor die uitoefening en verrigting van enige van sy bevoegdhede en pligte ingevolge hierdie artikel, moet die Owerheid— (a) oorweeg of dit, ingevolge enige ooreenkoms ten opsigte van konkurrente regsbevoegdheid tussen die Owerheid en enige owerheid of instelling aangegaan, gepas sal wees om ’n ondersoek na sodanige owerheid of instelling te verwys, al dan nie; of (b) behoudens artikel 67 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en die bedinge en voorwaardes van enige ooreenkoms ten opsigte van konkurrente regsbevoegdheid aangegaan tussen die Owerheid en die Mededingingskommissie, in gedagte hou dat die Mededingingskommissie primêre gesag het om vorige of huidige plegings van beweerde verbode praktyke in enige industrie of sektor te bespeur en daarna ondersoek in te stel en om samesmeltings in enige bedryf of sektor ingevolge die Wet op Mededinging, te hersien. (9) Behoudens die bedinge of voorwaardes van die konkurrente regsbevoegdheidsooreenkoms of tensy andersins tussen die Owerheid en die ander betrokke owerheid of instelling ooreengekom, kan die Owerheid nie enige stappe doen waar ’n aangeleentheid reeds onder die aandag van daardie ander owerheid of instelling gebring is en deur hulle hanteer word nie.’’. 5 10 15 20 25 Wysiging van artikel 4C van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 6 van Wet 3 van 2006 5. Artikel 4C van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur in subartikel (2) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: 30 ‘‘Die Owerheid kan, behoudens artikel 4D en enige ander wet wat privilegie reël, vir die doeleindes van ’n ondersoek—’’; en (b) deur in subartikel (6) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: ‘‘Die Owerheid moet, binne [180] 90 dae vanaf die datum van die 35 afsluiting van die verhoor—’’. Wysiging van artikel 5 van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 7 van Wet 3 van 2006 6. Artikel 5 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (2) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(2) [(a) Die voorsitter moet ’n raadslid skriftelik as waarnemende voorsitter aanstel om die funksies van die voorsitter in sy of haar afwesigheid te verrig. (b) Waar die voorsitter nie in staat is om ’n aanstelling te maak nie,] In die afwesigheid van die voorsitter, moet die oorblywende raadslede ’n waarnemende voorsitter uit eie geledere kies, wat terwyl hy of sy waarneem, al die werksaamhede van die voorsitter mag verrig.’’; en (b) deur subparagraaf (ii) in subartikel (3)(b) deur die volgende subparagraaf te vervang: ‘‘(ii) oor gepaste kwalifikasies, kundigheid en ervaring op die terreine van onder andere die uitsaai- elektroniese kommunikasieen posbeleid of operasies, openbare beleidsontwikkeling, elektroniese ingenieurswese, die reg, [bemarking, joernalisme, vermaak] inligtingstegnologie, inhoud in enige vorm, verbruikersbeskerming, opvoeding, ekonomie, finansies of enige ander tersaaklike kundigheid of kwalifikasies beskik.’’. 40 45 50 55

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents