ALGEMENE VERDUIDELIKENDE NOTA: [ ] Woorde in vet druk tussen vierkantige hake dui skrappings uit bestaande verordenings aan. Woorde met ’n volstreep daaronder dui invoegings in bestaande verordenings aan. WET Tot wysiging van die Wet op die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika, 2000, ten einde nuwe omskrywings in te voeg, bestaande omskrywings te wysig en uitgediende omskrywings te skrap; voorsiening te maak vir verdere duidelikheid oor die bevoegdhede en pligte van die Owerheid; meganismes in te bring om die aanspreeklikheid van die Owerheid te verseker, met inbegrip van dié van die raadslede en komitees; en die gebruik van elektroniese kommunikasienetwerke en dienste vir elektroniese transaksies te bevestig; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan. AAR WORD BEPAAL deur die Parlement van die Republiek van Suid-Afrika, soos volg:— D Wysiging van artikel 1 van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 2 van Wet 3 van 2006 1. Artikel 1 van die Wet op die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika, 2000 (hierna die Hoofwet genoem), word hierby gewysig— (a) deur die volgende omskrywings voor die omskrywing van ‘‘gesinslid’’ in te voeg: ‘‘ ‘beleidsvoorskrifte’ beleidsvoorskrifte uitgereik ingevolge artikel 3(1A), 3(2) of beoog in artikel 81(1) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie of ingevolge artikel 2A(2) van die Posdienstewet; breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging’ dit wat in die ‘BroadBased Black Economic Empowerment Act, 2003’ (Wet No. 53 van 2003), daaraan toegeskryf word; ‘dae’ werksdae tensy anders vermeld;’’; ‘elektroniese transaksie’ dit wat in die Wet op Elektroniese Transaksies daaraan toegeskryf word; (b) deur die volgende omskrywing na die omskrywing van ‘‘gesinslid’’ in te voeg: ‘‘ ‘Grondwet’ die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;’’; (c) deur die volgende omskrywings voor die omskrywing van ‘‘Minister’’ in te voeg: ‘‘ ‘konkurrente regsbevoegdheidsooreenkoms’ ’n konkurrente regsbevoegdheidsooreenkoms ingevolge artikel 4(3A)(b) aangegaan; ‘lisensiehouer’ dit wat in artikel 1 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie daaraan toegeskryf word en ook, soos deur die samehang 5 10 15 20 25

Select target paragraph3