18   No. 43107 GOVERNMENT GAZETTE, 18 MARCH 2020 (5) Niemand is geregtig op vergoeding vir enige verlies of skade na aanleiding van enige bona fide handeling deur ’n afdwingingsbeampte kragtens hierdie regulasie nie. Plekke van kwarantyn en afsondering 5. (1) Die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur moet, waar nodig, terreine identifiseer en beskikbaar stel vir gebruik as afsonderings- en kwarantynfasiliteite. (2) Die Lede van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir openbare werke moet, waar nodig, terreine identifiseer en beskikbaar stel vir gebruik as afsonderings- en kwarantynfasiliteite in elke provinsie. (3) Die rekenpligtige beamptes van munisipaliteite moet terreine wat as afsonderings- en kwarantynfasiliteite gebruik gaan word binne hul plaaslike gebiede identifiseer en beskikbaar stel en die lys aan die Departement van Gesondheid voorsien vir hulpbronvoorsiening. Sluiting van skole en gedeeltelikesorgfasiliteite 6. Skole en gedeeltelikesorgfasiliteite moet vanaf 18 Maart 2020 tot 15 April 2020, gesluit wees, welke tydperk vir die duur van die nasionale ramptoestand deur die verantwoordelike kabinetslid verleng kan word. Opskorting van besoeke 7. Alle besoeke deur lede van die publiek aan— (a) korrektiewe sentrums; (b) uitstel-aanhoudingsfasiliteite; 6 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3