7 (d) deur paragraaf (h) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(h) kan navorsing doen oor alle aangeleenthede wat die uitsaai-, elektroniese transaksie-, pos- en elektroniese kommunikasiesektore raak ten einde sy bevoegdhede uit te oefen en sy pligte uit te voer;’’; (e) deur paragrawe (k) en (l) in subartikel (3) onderskeidelik deur die volgende paragrawe te vervang: ‘‘(k) kan regulasies maak oor bemagtigingsvereistes [ingevolge die ‘Broad-Based Black Economic Empowerment Act, 2003’ (Wet No. 53 van 2003)] om breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging te bevorder; (l) kan [senders of ander] elektroniese kommunikasie-apparaat wat vir elektroniese kommunikasie gebruik word, inspekteer;’’; (f) deur paragraaf (n) in subartikel (3) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(n) moet klagtes ondersoek en beoordeel wat by die Owerheid ingedien is ingevolge hierdie Wet, die onderliggende wette, en lisensievoorwaardes;’’; (g) deur die volgende paragrawe by subartikel (3) te voeg: ‘‘(o) kan aanbevelings by die Minister doen oor aangeleenthede wat in die Wet op Elektroniese Transaksies hanteer word of hanteer gaan word; (p) behalwe waar artikel 74(1) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie geld, moet ’n straf of remedie bepaal wat gepas kan wees vir enige misdryf waar enige regulasie of lisensievoorwaarde, na gelang van die geval, oortree is, soos in hierdie Wet of die onderliggende wette beoog, met inagneming van artikel 17H; en (q) moet die bevoegdhede en die pligte van die Owerheid ingevolge die Posdienstewet uitoefen en verrig.’’; (h) deur die volgende subartikel na subartikel (3) in te voeg: ‘‘(3A) Die Owerheid, in die uitvoering van sy bevoegdhede en die verrigting van sy pligte— (a) moet IKT-sektorbeleid gemaak en beleidsvoorskrifte uitgereik deur die Minister ingevolge hierdie Wet, die onderliggende wette en enige ander toepaslike wet in ag neem; en (b) kan ’n konkurrente regsbevoegdheidsooreenkoms met enige tersaaklike owerheid of instelling aangaan en moet, ten minste een keer elke drie jaar, waar nodig, die ooreenkoms hersien en verbeter by ooreenkoms met die betrokke owerheid of instelling.’’; (i) deur paragrawe (f) en (g) in subartikel (4) onderskeidelik deur die volgende paragrawe te vervang: ‘‘(f) Die bevoegdheid om ’n individuele lisensie toe te staan, te hernu, te wysig, te herroep of oor te dra, kan [slegs] nie gedelegeer word aan ’n raadslid of aan ’n komitee van die Raad nie. (g) Ondanks die bepalings van hierdie artikel moet ’n raadslid of komitee aan wie [die] enige bevoegdheid of plig van die Owerheid gedelegeer is [om ’n lisensie] ingevolge hierdie Wet [toe te staan, te wysig, te herroep, oor te dra of te hernu sy besluit], behoudens paragraaf (f) of die onderliggende wette, ’n verslag aan die Raad [rapporteer] voorlê.’’; en (j) deur die volgende paragraaf by subartikel (4) te voeg: ‘‘(h) Ondanks die bepalings van hierdie subartikel, moet die Raad algemene beheer uitoefen oor die uitoefening van die bevoegdhede en die verrigting van die pligte van die Owerheid ingevolge hierdie Wet en die onderliggende wette.’’. 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 Wysiging van artikel 4B van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 6 van Wet 3 van 2006 55 4. Artikel 4B van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur paragraaf (a) in subartikel (2) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) [binne 60 dae] op of voor ’n datum in die kennisgewing vermeld, welke datum nie minder as 45 dae vanaf die datum van publikasie van die kennisgewing mag wees nie, skriftelike vertoë te rig; en’’; 60 en

اختر الفقرة المستهدفة3

الاتصال بفقرة
Connect to an entity
Disable highlights
أضف إلى جدول المحتويات