25 Vervanging van artikel 24 van Wet 13 van 2000 29. Artikel 24 van die Hoofwet word hierby deur die volgende artikel vervang: ‘‘Toepassing van Wet 24. In die geval van enige strydigheid tussen die bepalings van hierdie Wet en enige ander [vroeëre] wet, met uitsondering van die Grondwet, betreffende die regulering van die [uitsaai- en telekommunikasiewese] uitsaaiwese, elektroniese kommunikasie- en posdienste, gee die bepalings van hierdie Wet deurslag.’’. 5 Wysiging of Aanhef tot Wet 13 van 2000, soos vervang deur artikel 1 van Wet 3 van 2006 10 30. Die Aanhef van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur die volgende paragraaf na die eerste paragraaf in te voeg: ‘‘EN IN ERKENNING dat die sukses van die inligtings-, kommunikasie- en tegnologiesektor op gepaste regulering van die uitsaaiwese, posdienste, elektroniese kommunikasiewese en elektroniese 15 kommunikasienetwerke moet steun;’’; en (b) deur die laaste paragraaf deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘IN DIE BESEF dat die instelling van ’n onafhanklike liggaam om die [uitsaai] uitsaaiwese, posdienste en elektroniese kommunikasiewese te reguleer, vereis word.’’. 20 Wysiging van Inhoud van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 23 van Wet 3 van 2006 31. Die Inhoud van Wet na die Aanhef van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur die volgende item na item 11A in te voeg: ‘‘11B. Etiese Kode’’; (b) deur die volgende item na item 15 in te voeg: ‘‘15A. Jaarplan’’; (c) deur die volgende item na item 23 in te voeg: ‘‘23A. Aanspreeklikheid’’; en (d) deur items 14B en 14D van Hoofstuk IV te skrap. Kort titel en inwerkingtreding 32. Hierdie Wet heet die Wysigingswet op die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika, 2014, en tree in werking op ’n datum deur die President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal. 25 30

اختر الفقرة المستهدفة3

الاتصال بفقرة
Connect to an entity
Disable highlights
أضف إلى جدول المحتويات