5 vereis, ’n persoon aan wie ’n lisensievrystelling ingevolge artikel 6 van daardie Wet toegestaan is; ‘lisensievrystelling’ dit wat in artikel 1 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie daaraan toegeskryf word; ‘Mededingingskommissie’ die Mededingingskommissie ingestel 5 ingevolge van artikel 19 van die Wet op Mededinging;’’; (d) deur die omskrywing van ‘‘Telekommunikasiewet’’ te skrap. (e) deur die omskrywing van ‘‘voormalige owerhede’’ te skrap; (f) deur die omskrywing van ‘‘Wet op Elektroniese Kommunikasie’’ deur die volgende omskrywing te vervang: 10 ‘‘ ‘Wet op Elektroniese Kommunikasie’ [’n Wet van die Parlement wat voorsiening maak vir konvergensie in die uitsaai-, uitsaaiseinverspreidings- en telekommunikasiesektore] die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005 (Wet No. 36 van 2005);’’; en (g) deur die volgende omskrywings na die omskrywing van ‘‘Wet op Elektroniese 15 Kommunikasie’’ in te voeg: ‘‘ ‘Wet op Elektroniese Transaksies’ die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies, 2002 (Wet No. 25 van 2002); ‘Wet op Mededinging’ die Wet op Mededinging, 1998 (Wet No. 89 van 1998);’’. 20 Wysiging van artikel 3 van Wet 13 van 2000, soos gewysig deur artikel 4 van Wet 3 van 2006 2. Artikel 3 van die Hoofwet word hierby gewysig deur die volgende subartikel by te voeg: ‘‘(5) ’n Persoon deur enige handeling, bevinding of beslissing van die Owerheid 25 geraak, kan by ’n hof met regsbevoegdheid aansoek doen om ’n hersiening van daardie handeling, bevinding of beslissing.’’. Wysiging van artikel 4 van Wet 13 van 2000, soos vervang deur artikel 5 van Wet 3 van 2006 3. Artikel 4 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur paragraaf (a) in subartikel (1) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(a) moet die bevoegdhede uitoefen en die pligte uitvoer wat by of kragtens hierdie Wet, die onderliggende wette en [by] enige ander toepaslike wet aan hom verleen en opgelê is;’’; (b) deur in subartikel (3) die woorde wat paragraaf (a) voorafgaan deur die volgende woorde te vervang: ‘‘Die Owerheid, sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van [subartikel] subartikels (1) en (2)—’’; (c) deur paragrawe (a), (b), (c), (d) en (e) in subartikel (3) onderskeidelik deur die volgende paragrawe te vervang: ‘‘(a) kan aan die Minister aanbevelings doen oor beleidsaangeleenthede en wysigings aan hierdie Wet en die onderliggende wette wat ooreenstem met die oogmerke van hierdie Wet en die onderliggende wette om ontwikkeling in die uitsaai-, elektroniese transaksie-, posen elektroniese kommunikasiesektore te bevorder; (b) moet die uitsaai-, pos- en elektroniese [kommunikasiesektor] kommunikasiesektore moniteer om nakoming van hierdie Wet en die onderliggende wette te verseker; (c) moet die gebruik en lisensiëring van radiofrekwensiespektrum [bestuur] beheer, beplan, administreer en bestuur ooreenkomstig bilaterale ooreenkomste of internasionale verdrae wat deur die Republiek gesluit is; (d) moet nakoming van lisensievoorwaardes en regulasies ontwikkel, monitor en afdwing in ooreenstemming met die oogmerke van hierdie Wet en die onderliggende wetgewing vir verskillende kategorieë lisensies; (e) [moet] kan lisensies toestaan, hernu, wysig, oordra en intrek ooreenkomstig die bepalings van hierdie Wet en die onderliggende wette;’’; 30 35 40 45 50 55

اختر الفقرة المستهدفة3

الاتصال بفقرة
Connect to an entity
Disable highlights
أضف إلى جدول المحتويات