29 beduidende markkrag in sodanige markte of marksegmente het. Die regulasies moet onder andere— (a) [die klein- of groothandelmarkte] tersaaklike groot- of kleinhandelmarkte of marksegmente omskryf [en identifiseer waar hy voornemens is om pro-mededingingsmaatreëls te tref in gevalle waar daar bevind word dat sodanige markte ondoeltreffende mededinging het]; (b) [die metodologie uiteensit wat gebruik moet word om die doeltreffendheid van] bepaal of daar doeltreffende mededinging in [sodanige] daardie tersaaklike markte [of] en marksegmente [te bepaal, met inagneming van subartikel (8)] is; (c) [die pro-mededingingsmaatreëls uiteensit wat die Owerheid kan tref ten einde die vermeende markmislukking reg te stel in die] bepaal watter, indien enige, lisensiehouers beduidende markkrag het in daardie markte [of] en marksegmente waar daar [bevind is dat daar] ondoeltreffende mededinging is[, met inagneming van subartikel (7)]; (d) [lisensiehouers in die betrokke mark of marksegment, soos toepaslik, verklaar wat beduidende markkrag het, soos bepaal ooreenkomstig subartikel (6), en die pro-mededingingsvoorwaardes van toepassing op elke sodanige lisensiehouer] gepaste pro-mededingslisensievoorwaardes oplê aan daardie lisensiehouers wat beduidende markkrag het om die markmislukking reg te stel; (e) ’n skedule uiteensit ingevolge waarvan die Owerheid periodieke hersienings van die markte en marksegmente moet doen, met inagneming van subartikel (9) en die bepaling ten opsigte van die doeltreffendheid van mededinging en die toepassing van promededingingsmaatreëls in daardie markte; en (f) voorsiening maak vir die monitering en ondersoek van teenmededingingsgedrag in die betrokke mark en marksegmente.’’; (c) deur die volgende subartikels na subartikel (4) in te voeg: ‘‘(4A) Wanneer bepaal word of daar doeltreffende mededinging in markte en marksegmente is, moet die Owerheid, onder andere— (a) die niekortstondige (strukturele, wetlike en regulatoriese) toegangshindernisse tot die toepaslike markte of marksegmente in ag neem; en (b) die dinamiese karakter en funksionering van die markte of marksegmente, met inbegrip van ’n beoordeling van die relatiewe markaandeel van die verskeie lisensiehouers of verskaffers van vrygestelde dienste in die markte of marksegmente, en ’n vooruitskouende beoordeling van die relatiewe markkrag van die lisensiehouers in die markte of marksegmente in ag neem. (4B) Behoudens artikel 4D van die OKOSA-wet, moet lisensiehouers die Owerheid voorsien van enige inligting deur die Owerheid vermeld sodat die Owerheid sy pligte ingevolge hierdie artikel kan uitvoer.’’; (d) deur subartikel (5) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(5) ’n Lisensiehouer het beduidende markkrag [met betrekking tot die betrokke] in ’n mark of marksegment [waar die Owerheid bevind dat die bepaalde individuele lisensiehouer of klaslisensiehouer] indien daardie lisensiehouer— (a) dominant is; (b) oor ’n noodsaaklike [fasiliteite] fasiliteit beheer uitoefen; of (c) ’n vertikale verhouding het wat die Owerheid bepaal mededinging [in die mark of marksegment wat op die bepaalde kategorie lisensie van toepassing is,] kan benadeel.’’; (e) deur subartikel (6) te skrap; (f) deur subartikel (7) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(7) Pro-mededingslisensiebedinge en -voorwaardes sluit in, maar is nie beperk nie tot— (a) verpligtinge ten opsigte van interkonneksie en fasiliteiteverhuring bykomend tot die verpligtinge waarvoor in Hoofstukke 7 en 8 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60

اختر الفقرة المستهدفة3

الاتصال بفقرة
Connect to an entity
Disable highlights
أضف إلى جدول المحتويات