STAATSKOERANT, 18 MAART 2020
No. 43107 19
(c)
selle;
(d)
militêredetensiefasiliteite; en
(e)
fasiliteite van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, met inbegrip van
kinder- en jeugsorgsentrums, skuilings, eenstopsentrums en behandelingsentrums,
word vir ’n tydperk van 30 dae vanaf die datum van publikasie van hierdie Kennisgewing
opgeskort, welke tydperk deur die verantwoordelike Kabinetslid vir enige tydperk, maar nie
langer as die duur van die nasionale ramptoestand nie, verleng kan word.
Beperking op die verkoping, uitdeel of vervoer van drank
8. (1) Alle binneverbruikpersele waar drank verkoop word, met inbegrip van
tavernes, restaurante en klubs, moet onmiddellik gesluit word, of moet hoogstens 50
persone 50 persone te eniger tyd akkommodeer: Met dien verstande dat genoegsame
spasie beskikbaar is en dat aan alle voorskrifte ten opsigte van higiëniese toestande en die
beperking van blootstelling aan persone met COVID-19 voldoen word.
(2) Alle persele waar drank verkoop word wat akkommodasie voorsien, moet
maatreëls instel om die verspreiding van COVID-19 te stop: Met dien verstande dat
genoegsame spasie beskikbaar is en dat aan alle voorskrifte ten opsigte van higiëniese
toestande en beperking van blootstelling aan persone met COVID-19 voldoen word.
(3) Geen spesiale of geleentheidsdranklisensie mag vir die duur van die
nasionale ramptoestand vir goedkeuring oorweeg word nie.
(4) Alle binneverbruikpersele waar drank verkoop word in subregualsie (1) moet
toe wees—
7
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za