24 No. 43107
(3)
GOVERNMENT GAZETTE, 18 MARCH 2020
Iemand wat aan ’n misdryf in subregulasie (2) bedoel skuldig bevind word, is
by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf van hoogstens ses
maande of met beide n boete en gevangenisstraf.
(4)
Iemand wat doelbewus ’n wanvoorstelling maak dat hy, sy of
enigiemand anders met COVID-19 besmet is, is skuldig aan ’n misdryf en is by
skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens
ses maande of met beide daardie boete en gevangenisstraf.
(5)
Iemand wat ’n verklaring, deur enige medium, ook sosiale media,
publiseer met die bedoeling om enige ander persoon te mislei oor—
(a)
COVID-19;
(b)
COVID-19-infeksiestatus van iemand; of
(c)
enige maatreël deur die Regering geneem om COVID-19 die hoof te bied,
pleeg ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n
tydperk van hoogstens ses maande, of beide sodanige boete en gevangenisstraf.
(6) Iemand wat doelbewus iemand anders aan COVID-19 blootstel, kan vir ’n misdryf
vervolg word, met inbegrip van aanranding, poging tot moord of moord vervolg word.
Inwerkingtreding
12.
Hierdie Regulasies tree op die datum van publikasie in werking.
12
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za