22 No. 43107
GOVERNMENT GAZETTE, 18 MARCH 2020
(4)
(a)
Die Minister van Polisie—
mag voorskrifte uitreik om die verspreiding van COVID-19 in alle polisiestasies,
polisiegebiede en selle die hoof te bied, te voorkom en te bekamp; en
(b)
mag die voorskrifte bedoel in paragraaf (a) verander soos omstandighede vereis.
(5)
(a)
Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling—
mag voorskrifte uitreik om die verspreiding van COVID-19 in alle fasiliteite van die
Departement van Maatskaplike Ontwikkeling die hoof te bied, te voorkom en te
bekamp; en
(b)
mag die voorskrifte bedoel in paragraaf (a) verander soos omstandighede vereis.
(6)
(a)
Die Minister van Handel en Nywerheid—
mag voorskrifte uitreik om—
(i)
verbruikers te beskerm teen uitermatige, onbillike, onredelike of onregverdige
prysbepaling op goedere en dienste tydens die nasionale ramptoestand; en
(ii)
sekuriteit en beskikbaarheid van die voorsiening van goedere en dienste
voortspruitend uit die nasionale ramptoestand, handhaaf;
(b)
voorskrifte uitreik om die verspreiding van COVID-19 aan te spreek, te voorkom en
te bekamp; en
(c)
die voorskrifte bedoel in paragraaf (a) verander soos omstandighede vereis.
(7)
(a)
Die Minister van Vervoer—
mag voorskrifte uitreik om die verspreiding van COVID-19 in aangeleenthede wat in
sy mandaat val, die hoof te bied, te beperk en te bekamp; en
(b)
mag die voorskrifte bedoel in paragraaf (a) verander soos omstandighede vereis.
10
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za