27 (2) Die Klagtes- en Nakomingskomitee moet ooreenkomstig artikel 17C van die OKOSA-wet beslis oor klagtes rakende beweerde oortredings van die Kode deur uitsaaidienslisensiehouers wat nie lede van die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde van Suid-Afrika is nie, asook klagtes rakende beweerde oortredings van die advertensieregulasies. 5 (3) Waar bevind is dat ’n uitsaaidienslisensiehouer, ongeag of hy of sy ’n lid van die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde van Suid-Afrika is al dan nie, die Kode of advertensieregulasies oortree het, moet daar ooreenkomstig die toepaslike bepalings van artikels 17A tot 17H van die OKOSA-wet met sodanige uitsaaidienslisensiehouer gehandel word.’’. 10 Wysiging van artikel 62 van Wet 36 van 2005 26. Artikel 62 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (3) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(3) ’n Gemeenskaplike draer moet— (a) behoudens sy tegnologiese vermoë om dit te doen en die bepalings van paragraaf (b), uitsaaiseinverspreiding aan uitsaaidienslisensiehouers op hulle versoek en ooreenkomstig die nasionale radiofrekwensieplan in artikel 34 beoog verskaf, op ’n billike, redelike, nievoorkeur- en niediskriminerende basis; (b) by die bepaling van tariewe, die volgende behoorlik in ag neem: (i) die verskillende kategorieë uitsaaidienslisensies in artikels 49, 50 en 51 bedoel; en (ii) die aard en tegniese parameters van die diens wat aan elke uitsaailisensiehouer verskaf word ten einde te verseker dat die verskillende tariewe geskik is vir en eweredig is met die verskillende uitsaaidienste waarop dit betrekking het; (c) openbare uitsaaidienste dra, insluitend opvoedkundige, kommersiële en gemeenskapsdienste en word geag die elektroniese kommunikasienetwerkdienslisensiehouer te wees wat seinverspreiding vir openbare uitsaaidienste verskaf.’’. 15 20 25 30 Wysiging van artikel 65 van Wet 36 van 2005 27. Artikel 65 van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(1) Geen persoon mag— (a) regstreeks of onregstreeks beheer oor meer as een kommersiële 35 uitsaaidienslisensie in die kommersiële televisie-uitsaaidiens uitoefen nie; of (b) ’n direkteur wees van ’n maatskappy wat, of van twee of meer maatskappye wat saam, in ’n posisie is om beheer oor meer as een kommersiële uitsaaidienslisensie in die kommersiële televisie-uitsaaidiens uit te oefen nie; of 40 (c) in ’n posisie wees om beheer uit te oefen oor ’n kommersiële uitsaaidienslisensie in die kommersiële televisie-uitsaaidiens en ’n direkteur wees van enige maatskappy wat in ’n posisie is om beheer oor enige ander kommersiële uitsaaidienslisensie in die kommersiële televisie-uitsaaidiens uit te oefen nie.’’. 45 Wysiging van artikel 67 van Wet 36 van 2005 28. Artikel 67 van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikels (1), (2) en (3) te skrap; (b) deur subartikel (4) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(4) Die Owerheid moet, na ’n ondersoek, regulasies voorskryf wat 50 die betrokke markte en marksegmente[, soos toepaslik,] omskryf en [bepaal dat pro-mededingingsvoorwaardes aan lisensiehouers met ’n beduidende markkrag opgelê kan word waar die Owerheid bepaal dat sodanige markte of marksegmente] gepaste en voldoende pro-mededingingslisensievoorwaardes aan lisensiehouers oplê waar daar 55 ondoeltreffende mededinging is en indien enige lisensiehouer

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents