ALGEMENE VERDUIDELIKENDE NOTA: [ ] Woorde in vet druk tussen vierkantige hake dui skrappings uit bestaande verordenings aan. Woorde met ’n volstreep daaronder dui invoegings in bestaande verordenings aan. WET Tot wysiging van die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005, ten einde sekere omskrywings in te voeg, te wysig of te skrap; die Wet in ooreenstemming te bring met wetgewing oor breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging; bepalings met betrekking tot lisensiëring af te rond; verder voorsiening te maak om doeltreffende mededinging tussen persone wat kragtens hierdie Wet lisensies hou, te verseker; reguleringsknelpunte te verwyder; te vereis dat die Minister van Kommunikasie ’n raad instel om die Minister van raad te bedien oor breëbandbeleid en inwerkingstelling; verder voorsiening te maak vir die verdiskonteerde tarief waarteen Internetdienste aan skole, onderwysinstellings en openbare gesondheidsinstellings voorsien moet word; die Minister te magtig om te vereis dat sekere inligting aan die Minister voorgelê moet word; voorsiening te maak vir die vertrouenspligte van lede van die Raad van die Universele Diens-enToegangsagentskap van Suid-Afrika; opnuut voorsiening te maak vir die aanstelling en aanstellingsvoorwaardes van die hoof- uitvoerende beampte van die Raad; verder voorsiening te maak vir die benutting van geld in die Universele Diens-en-Toegangsfonds; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan. AAR WORD BEPAAL deur die Parlement van die Republiek van Suid-Afrika, soos volg:— D Wysiging van artikel 1 van Wet 36 van 2005, soos gewysig deur artikel 1 van Wet 37 van 2007 1. Artikel 1 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005 (Wet No. 36 van 2005) 5 (hierna die Hoofwet genoem), word hierby gewysig— (a) deur die volgende omskrywings na die omskrywing van ‘‘bestaande lisensies’’ in te voeg: ‘‘ ‘breëband’ ’n konneksie wat altyd beskikbaar is en multimedia kan hanteer met ’n minimum aflaaispoed soos by kennisgewing in die 10 Staatskoerant deur die Minister bepaal; ‘breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging’ dit wat in die ‘BroadBased Black Economic Empowerment Act, 2003’ (Wet No. 53 van 2003), daaraan toegeskryf is;’’; (b) deur die omskrywing van ‘‘dienshandves’’ deur die volgende omskrywing te 15 vervang: ‘‘ ‘dienshandves’ ’n dokument wat deur ’n lisensiehouer ontwikkel is na oorleg met sy personeel, intekenaars en eindgebruikers, wat die

Select target paragraph3