STAATSKOERANT, 18 MAART 2020 No. 43107   19 (c) selle; (d) militêredetensiefasiliteite; en (e) fasiliteite van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, met inbegrip van kinder- en jeugsorgsentrums, skuilings, eenstopsentrums en behandelingsentrums, word vir ’n tydperk van 30 dae vanaf die datum van publikasie van hierdie Kennisgewing opgeskort, welke tydperk deur die verantwoordelike Kabinetslid vir enige tydperk, maar nie langer as die duur van die nasionale ramptoestand nie, verleng kan word. Beperking op die verkoping, uitdeel of vervoer van drank 8. (1) Alle binneverbruikpersele waar drank verkoop word, met inbegrip van tavernes, restaurante en klubs, moet onmiddellik gesluit word, of moet hoogstens 50 persone 50 persone te eniger tyd akkommodeer: Met dien verstande dat genoegsame spasie beskikbaar is en dat aan alle voorskrifte ten opsigte van higiëniese toestande en die beperking van blootstelling aan persone met COVID-19 voldoen word. (2) Alle persele waar drank verkoop word wat akkommodasie voorsien, moet maatreëls instel om die verspreiding van COVID-19 te stop: Met dien verstande dat genoegsame spasie beskikbaar is en dat aan alle voorskrifte ten opsigte van higiëniese toestande en beperking van blootstelling aan persone met COVID-19 voldoen word. (3) Geen spesiale of geleentheidsdranklisensie mag vir die duur van die nasionale ramptoestand vir goedkeuring oorweeg word nie. (4) Alle binneverbruikpersele waar drank verkoop word in subregualsie (1) moet toe wees— 7 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3