STAATSKOERANT, 18 MAART 2020
(8)
No. 43107 23
Enige Minister kan van tyd tot tyd, soos nodig, voorskrifte in sy of haar
mandaat uitreik en verander om die verspreiding van COVID-19 die hoof te bied, te
voorkom en te bekamp, met inbegrip van—
(a)
verspreiding van inligting wat nodig is vir die hantering van die nasionale
ramptoestand;
(b)
inwerkingstelling van noodverkrygingsprosedures;
(c)
die doen van enige ander stappe wat nodig mag wees om ’n verhewiging van die
nasionale ramptoestand te voorkom, of om die uitwerking van die nasionale
ramptoestand te versag, te stuit en te minimaliseer; of
(d)
die doen van stappe om internasionale bystand te fasiliteer.
Misdrywe en strawwe
11.
(1)
By die toepassing van regulasie 3, is iemand wat—
(a)
’n byeenkoms saamroep;
(b)
meer as 50 persone toelaat by ’n persoon waar drank verkoop en verbruik word; of
(c)
’n afdwingingsbeampte in die uitvoer van sy of haar bevoegdhede, of die verrigting
van sy of haar pligte ingevolge hierdie Regulasies hinder, inmeng, of dwarsboom,
is skuldig aan ’n misdryf en, by skuldigbevinding, strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf
vir ’n tydperk van hoogstens ses maande of met beide daardie boete en daardie
gevangenisstraf.
(2)
Iemand is skuldig aan ’n misdryf indien daardie persoon versuim om te
voldoen aan die bepalings van regulasies 6 en 9 van hierdie Regulasies of dit oortree.
11
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za