19 ‘‘(1) Die Owerheid moet ’n Klagtes- en Nakomingskomitee instel wat uit hoogstens sewe lede bestaan, aangestel vir ’n ampstermyn van drie jaar wat slegs vir ’n enkele bykomende termyn hernu kan word, en waarvan een ’n raadslid moet wees.’’; (b) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: 5 ‘‘(1A) Die Owerheid moet een van die lede in subartikel (1) beoog as voorsitter van die Klagtes- en Nakomingskomitee aanstel.’’; en (c) deur paragraaf (b) in subartikel (4) deur die volgende paragraaf te vervang: ‘‘(b) verbind wees tot die werksaamhede en werk van die Klagtes- en Nakomingskomitee en die oogmerke van hierdie Wet en die 10 onderliggende wette en moet nie handel of optree op ’n wyse wat daardie werksaamhede, werk of oogmerke ondermyn nie;’’. Wysiging van artikel 17C van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 19 van Wet 3 van 2006 23. Artikel 17C van die Hoofwet word hierby gewysig deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(1) (a) ’n Persoon wat rede het om te glo dat ’n lisensiehouer of ander persoon skuldig is aan nienakoming van— (i) die bedinge en voorwaardes van [sy] ’n lisensie [of van]; (ii) hierdie Wet; of (iii) die onderliggende wette, kan ’n klag by die Owerheid indien binne 60 dae nadat hy of sy bewus geword het van die beweerde nienakoming. (b) Die Owerheid [moet] kan— (i) waar die klagte ’n lisensiehouer aangaan, die [klag] klagte binne 30 dae van ontvangs van die klagte aan die Klagtes- en Nakomingskomitee rig vir oorweging; (ii) waar die klagte ’n persoon aangaan wat nie ’n lisensiehouer is nie, ’n klagte teen daardie persoon by die gepaste owerheid of instelling aanhangig maak of die aangeleentheid na die gepaste owerheid of instelling verwys ingevolge die konkurrente regsbevoegdheidsooreenkoms wat tussen die Owerheid en daardie owerheid of instelling aangegaan is binne 30 dae van ontvangs van die klagte; of (iii) die klagte ondersoek soos in artikel 4(3)(n) beoog.’’. 15 20 25 30 Wysiging van artikel 17F van Wet 13 van 2000, soos ingevoeg deur artikel 19 van 35 Wet 3 van 2006 24. Artikel 17F van die Hoofwet word hierby gewysig— (a) deur subartikel (1) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(1) Die Owerheid moet toepaslik gekwalifiseerde inspekteurs aanstel om die werksaamhede te verrig waarvoor in hierdie Wet voorsiening gemaak word en kan enige sodanige aanstelling op goeie gronde beëindig.’’; en (b) deur subartikel (5) deur die volgende subartikel te vervang: ‘‘(5) ’n Inspekteur moet, wanneer deur die Raad opdrag gegee om dit te doen— (a) nakoming deur lisensiehouers van lisensiebedinge en -voorwaardes en -vrystellings moniteer; (b) nakoming deur lisensiehouers van die bepalings van hierdie Wet en die onderliggende wette moniteer; (c) ondersoek instel na en ’n evaluering doen van enige beweerde of vermoedelike— (i) nienakoming deur ’n lisensiehouer van sy lisensiebedinge en -voorwaardes, -vrystelling, en bepalings van hierdie Wet of die onderliggende wette; (ii) verbreking deur ’n lisensiehouer van ’n ooreenkoms tussen sodanige lisensiehouer en sy intekenaars; 40 45 50 55

اختر الفقرة المستهدفة3

الاتصال بفقرة
Connect to an entity
Disable highlights
أضف إلى جدول المحتويات