14   No. 43107 GOVERNMENT GAZETTE, 18 MARCH 2020 “gedeeltelikesorgfasiliteit” ’n fasiliteit waar gedeeltelike versorging verskaf word, soos in artikel 1 van die “Children’s Act”, 2005 (Wet No. 38 van 2005), omskryf; “genoegsame spasie” nie meer as een persoon per vierkante meter vloerspasie nie; “Grondwet” die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; “inrigtings vir hoër onderwys” ’n “kollege vir hoër onderwys” en “inrigting vir hoër onderwys” soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Hoër Onderwys, 1997 (Wet No. 101 van 1997); “kwarantyn” die skeiding van asimptomatiese individue, moontlik blootgestel aan ’n siekte, van nieblootgestelde individue, op so ’n wyse dat die moontlike verspreiding van infeksie of besmetting voorkom word; “nasionale ramptoestand” die nasionale ramptoestand by Goewermentskennisgewing No. R. 313 van 15 Maart 2020, afgekondig; “skenker” ’n individu, korporasie of organisasie wat kontant, goedere of ander bates bydra; “skool” ’n skool soos in artikel 1 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1984 (Wet No. 84 van 1996), omskryf; en “Strafproseswet” die Strafproseswet, 1977 (Wet No. 51 van 1977). “WGO” die Wêreldgesondheidsorganisasie. Vrystelling van hulpbronne 2. (1) Die Departement van Verdediging moet, vir die duur van die afgekondigde nasionale ramptoestand, binne die departement se beskikbare hulpbronne— (a) enige beskikbare hulpbronne, met inbegrip van menslike hulpbronne, voorrade, toerusting, skepe, lugvaartuigplatforms, voertuie en fasiliteite vrystel; en (b) die lewering van noodsaaklike dienste verseker, 2 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

اختر الفقرة المستهدفة3