STAATSKOERANT, 18 MAART 2020 No. 43107   15 soos vereis mag word om die verspreiding van COVID-19 te voorkom, te beperk, te stuit, te bekamp en te bestuur. (2) Nasionale staatsorgane moet binne hul beskikbare hulpbronne hulle personeel vrystel vir die lewer van nooddienste, soos in artikel 27(2)(b) van die Wet beoog. (3) Instellings binne nasionale, provinsiale en plaaslike regering moet hulpbronne, behalwe fondse, beskikbaar stel om hierdie Regulasies of voorskrifte uitgereik ingevolge artikel 27(2) van die Wet aangaande die nasionale ramptoestand, in werking te stel. (4) Instellings binne nasionale, provinsiale en plaaslike regering moet— (a) fondse beskikbaar stel; en (b) sover moontlik, sonder om dienslewering in verband met die verwesenliking van die regte beoog in artikels 26 tot 29 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, te raak, fondse skuif, binne hul begrotings om hierdie Regulasies of voorskrifte ingevolge artikel 27(2) van die Wet aangaande die nasionale ramptoestand uitgereik, in werking te stel. (5) Die Nasionale Tesourie en provinsiale tesourieë moet die nodige stappe ingevolge toepaslike wetgewing doen om hierdie Regulasies of voorskrifte ingevolge artikel 27(2) van die Wet in verband met nasionale ramptoestand uitgereik, in werking te stel. (6) (a) Skenkerfondse ontvang vir bystand met die nasionale ramptoestand— moet in die Heropbou en Ontwikkelingsfonds, ingestel ingevolge die Wet op die Heropbou- en Ontwikkelings- programfonds, 1994 (Wet No. 7 van 1994), inbetaal word; en 3 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

اختر الفقرة المستهدفة3